GE­VOE­LENS ON­DER­DRUK

TV Plus (Afrikaans) - - SUIDOOSTER -

“Dan­ni is ver­ras,” sê Vashti. “Sy het ’n ge­voel ge­had daar was ’n spe­si­a­le band tus­sen Wil­lie en An­dré, maar sou nie kon raai An­dré was Wil­lie se ver­lo­re lief­de nie.”

Op Don­der­dag 6 De­sem­ber vis Dan­ni ver­der uit oor An­dré en Wil­lie se ver­hou­ding, maar An­dré skraap eers op Vry­dag 7 De­sem­ber die moed by­me­kaar om Dan­ni en Chris van hul lief­de te ver­tel. “Hul­le het by die­self­de skool ge­werk en ver­lief ge­raak,” sê Ma­ri­us. “Hul­le het pro­beer om hul lief­de in die ge­heim uit te leef, maar is uitgevang en dit het ’n groot skan­daal ver­oor­saak.” Al­bei het be­dank en weg­ge­trek, en nie weer kon­tak ge­maak nie. An­dré het selfs met ’n vrou ge­trou, maar sy hart het al­tyd aan Wil­lie be­hoort.

DIE SKILDERY

An­dré voel soos ’n nuwe mens op Maan­dag 10 De­sem­ber ná sy ont­boe­se­ming. Hy ver­tel nog staal­tjies en noem selfs een van Wil­lie se skil­de­rye wat hy ont­hou – die­self­de kuns­werk waar­oor Tim en S­te­fan vroe­ër in No­vem­ber ge­stry het toe hul­le hoor dit is der­dui­sen­de ran­de werd. Dan­ni stel die vol­gen­de dag voor die neefs moet die skildery vir An­dré gee, want hy heg meer as net fi­nan­si­ë­le waar­de daar­aan, en na­dat hul­le eers hui­wer, stem hul­le in. An­dré is ver­heug, sê Ma­ri­us. “Dit help hom om Wil­lie se dood ver­werk, en her­in­ner hom aan Wil­lie en hul lief­de.”

An­dré (regs) word ge­raak wan­neer Li­ze sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.