e.tv Week­dae 19:00

TV Plus (Afrikaans) - - WAT’S VOLGENDE -

VER­LE­DE KEER

Ren­eil­we het die her­stel­len­de al­ko­ho­lis Bon­gi be­trap toe sy drink, en Suf­fo­ca­te het geld van sy be­sig­heids­vy­and Da­vid ge­steel om sy ont­voer­de dog­ter Bu­si te red.

5 – 7 DE­SEM­BER

Da­vid storm Suf­fo­ca­te se nag­klub bin­ne en dring aan dat hul­le sy geld te­rug­be­taal, en die pop­ster Ren­eil­we se re­a­li­teits­pro­gram is in die ge­drang wan­neer sy ’n in­ter­net­boe­lie ver­baal aan­val. Ni­ki oor­tuig haar voor­ma­li­ge ge­lief­de Da­vid om haar en Suf­fo­ca­te te help om na Bu­si te soek wat steeds ver­mis is, al het Suf­fo die los­prys­geld be­taal, en Re­nei pro­beer le­we blaas in haar pro­gram. Da­vid en Ni­ki se aan­ge­trok­ken­heid ver­sterk ty­dens hul soek­tog, en Sa­be­lo het ’n nuwe plan om vin­nig ryk te word.

10 – 14 DE­SEM­BER

Mzi be­vraag­te­ken hoe­kom sy pa, Suf­fo, hom nie by Bu­si se ont­voe­ring be­trek nie, en Re­nei oor­weeg dit om vet te laat uit­suig wan­neer ku­ber­boe­lies aan­gaan oor haar ge­wig. Pe­arl en Mzi se ro­man­se vat weer vlam, Da­vid en Suf­fo hys ty­de­lik ’n wit vlag om Bu­si te red, en Re­nei huur ’n per­soon­li­ke af­rig­ter om haar lyf reg te ruk voor haar pro­gram ver­film word. Pe­arl en Mzi het seks, Pu­lang se in­men­ge­ri­ge ma, Cu­ba, waar­sku Ni­ki om weg te bly van Suf­fo en Pu­leng.

17 – 18 DE­SEM­BER

Die po­li­sie ar­res­teer Ni­ki nes sy die dorp wil ver­laat, Bon­gi moe­dig Ren­eil­we aan om in die o­pen­baar oor haar ge­wig­ver­lies te praat, en Da­vid se ge­sond­heid kry ’n te­rug­slag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.