Bin­ne­lan­ders

TV Plus (Afrikaans) - - Vind N Fliek -

Week­dae kykNET (*144) 19:30 Se­pie

Die skrif is al ’n ruk aan die muur: dok­ter Ter­ti­us Jon­ker (Reyn­ardt Hugo) en ver­pleeg­ster Li­ka Bosch (Lea Vivier) se ver­hou­ding is ver­by. “Li­ka is mal oor Ter­ti­us, maar sy be­gin ál meer be­sef hul pri­o­ri­tei­te ver­skil,” sê Lea. Op Don­der­dag 6 De­sem­ber gee Li­ka vir Ter­ti­us die trek­pas, maar daar is ’n vang­plek: Die twee moet nog daag­liks saam­werk en kan nie kwaai­vrien­de wees nie. Lea ver­tel hoe hul ka­rak­ters dit han­teer.

Hoe het Li­ka be­sef daar is on­oor­brug­ba­re ver­skil­le? Sy het die af­ge­lo­pe tyd – ver­al die af­ge­lo­pe paar we­ke toe Ter­ti­us se dog­ter­tjie, Ni­na (LeAn­che van den Berg), so erns­tig siek was – be­sef sy sal al­tyd twee­de in sy le­we kom, al was sy be­reid om op­of­fe­rings te maak en stief­ma te speel. Kin­ders was ook ’n sen­si­tie­we on­der­werp, want wan­neer sy oor kin­ders praat, be­gin Ter­ti­us klein­kop­pie trek en laat haar ver­staan hy wil nie nog kin­ders hê nie. (Ter­ti­us het ook ’n seun­tjie, Luc, wat hy nie sien nie om­dat Luc en sy ma, Sa­ra [Sa­rah Ri­chard], oor­see woon.) Was kin­ders die e­nig­ste re­de? Ja, maar kom ons sê eer­der dit was een van die re­des. Li­ka is nog jonk – sy is 26 – en sy voel Ter­ti­us het al baie van die eer­ste groot din­ge van die le­we, soos trou (met sy eks, Da­leen, De­si­ré Gard­ner) en va­der­skap er­vaar. Li­ka wil ma wees van haar eie kroos en in die toe­koms nog baie reis en al die eer­stes saam met ie­mand er­vaar wat dit nog nie voor­heen be­leef het nie. • Lees meer op ble. 5 & 16.

Ter­ti­us en Li­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.