Li­ve PD

TV Plus (Afrikaans) - - Vind N Fliek -

Sei­soen 1 C&I (*171) 20:50 Wa­re mis­daad

Die re­a­li­teits­po­li­sie­reeks Li­ve PD (2016nou) word reg­streeks uit­ge­saai en jy sal die ar­res­ta­sies min of meer sien soos dit ge­beur. “Om­dat dit reg­streeks is sal ons op­ont­hou­de in die uit­sen­ding hê,” ver­dui­de­lik die aan­bie­der Dan A­brams. “Dit kan et­li­ke se­kon­des en selfs mi­nu­te duur na ge­lang van die in­houd [in­slui­tend ’n po­ten­si­ë­le skie­te­ry tus­sen die be­amp­tes en die ver­dag­tes] en dis wat ons reeks re­vo­lu­si­o­nêr maak – jy sien ons be­amp­tes op straat soos dit ge­beur.”

Om reg­streeks uit te saai het sy voor­en na­de­le, voeg Dan by. Hy word in el­ke e­pi­so­de by­ge­staan deur die spe­si­a­le po­li­sie­be­amp­te en die mis­daad­ver­slag­ge­wer, Tom Mor­ris jr. en sers. Se­an Lar­kin van die Tul­sa-po­li­sie­de­par­te­ment, O­kla­ho­ma. “Ons het men­se ge­had wat by­na ont­snap het om­dat hul­le ons reeks ge­kyk het ter­wyl ons na­der aan hul hui­se ge­kom het en hul­le ge­vlug het. Dis nie ’n i­de­a­le si­tu­a­sie nie en dis hoe­kom ons die op­ont­houd het. Maar ons is ook op straat waar daar jaag­tog­te, kroeg­ge­veg­te en pad­blok­ka­des is,” sê Dan.

Om reg­streeks uit te saai ge­bruik die reeks sel­fo­ne, wat be­te­ken groot hoe­veel­he­de vi­de­o­da­ta kan na die TV­net­werk ge­stuur word en reg­streeks ge­stroom word soos ’n sport­by­een­koms. “Dis goed­ko­per, be­trou­baar­der en die teg­no­lo­gie wat ge­bruik word be­te­ken vi­de­o­gre­pe van die lyf­ka­me­ras wat die be­amp­tes dra, word uit­ge­saai, ter­wyl dit ook op ons be­die­ners op­ge­neem word vir la­te­re ge­bruik in hof­sa­ke,” sê Dan. En met sy me­de­aan­bie­ders langs hom be­te­ken dit die reeks ver­skaf kun­di­ge in­lig­ting aan ky­kers. “Wie het kon dink reg­streek­se po­li­sie­ak­sie sou so ge­wild wees?” sê Dan.

Die aan­bie­der Dan A­brams (links) met sy mis­daad­maats Tom Mor­ris jr. (mid­del) en Se­an Lar­kin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.