TV Plus (Afrikaans)

Nina And The Neurons

-

Seisoen 6 SABC2 (*192) 15:15 Kinders

Het jy dalk ’n jong Einstein op hande? Dis nooit te vroeg vir opvoedkund­ige vermaak vir kinders nie en dit is waaroor Nina And The Neurons (2007-2015) gaan. “Dit is ’n inleiding van 15 minute tot die wetenskap vir kinders van 4 tot 6 jaar,” sê Katrina Bryan, die aanbieder wat ook die rol van die neuroweten­skaplike, Nina, vertolk. “Ons geanimeerd­e karakters die Neurons help ons gaste met hul eksperimen­te. Dit is vinnig en sal kykers se aandag vasvang.”

1 Die Neurons is die vyf sintuie (gevoel, gehoor, sig, reuk en smaak) en is eerder in Nina se verbeeldin­g as ware karakters wat met die ateljeegas­te kommunikee­r. Die eksperimen­te is opgestel deur 2 ware wetenskapl­ikes wat alles vooraf toets om seker te maak dit is veilig en werk regtig. Wanneer Nina haar motor bestuur 3 en die eksperimen­t verduideli­k, word die motor op ’n sleepwa rondom die ateljee getou terwyl die toneel geskiet word. Die spoed word vir veiligheid op 10 km/h gehou. Die reeks word by die Glasgow 4 Science Centre in Skotland opgeneem, en hoewel hulle nie sigbaar is nie, is die ateljee vol kinders. Elke seisoen het ’n ander tema – 5 seisoen 6 handel oor die menslike liggaam. Hoewel die kenwysie dieselfde is, het elke seisoen sy eie liedjie wat Nina en die Neurons ter afsluiting sing. Die gaste wat ’n vraag per e-pos 6 aan Nina stuur, is dikwels gaste by die wetenskaps­entrum in Glasgow wat die vervaardig­ers se vrae oor episodes wat beplan word, beantwoord. Fans kan dekorstukk­e van die 7 stel by sentrum koop. Daar is ook daagliks ’n toer van die stel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa