TV Plus (Afrikaans)

Crystal Donna Roberts

Wat gaan in jou gunsteling-akteur se kop aan?

-

Kykers het in 2009 die eerste keer met die aktrise Crystal-Donna Roberts kennis gemaak toe sy die rol van die dwelmversl­aafde Janine (7de Laan 2000-nou) gespeel het. “Dit was een rol wat my na donker plekke geneem het,” bieg die aktrise. Kort daarna het sy aandag getrek as die parmantige Charmaine Willemse in seisoen 1 en 2 van die dramareeks Vallei Van Sluiers (20102011). Haar rol as die pittige Liesl in kykNET se komedie-reeks Mense, Mense was een van haar eerste komedierol­le. “Dit was lekker om ’n slag in ’n komedie te speel.” Sy het ook in kykNET se regsdrama Fynskrif (2018-nou) gespeel as Thandi Ndlovu. Deesdae ken kykNET & kie-kykers haar as die moeilike Janice in die dramareeks Arendsvlei (2018-nou, lees meer op b20). “Sy is getroud met die skoolhoof Thys [Sherman Pharo] en sy handhaaf ’n pantoffelr­egering,” lag sy.

Wat was die eerste TV-program wat jy y vir pret saam met jou vriende gespeel l

het? Toe ek vir Engelsmond­eling vir my skoolmaats ’n draaiboek gewys het met die karakters van die tienerdram­a Dawson’s Creek (1999-2003). Ek was mal oor die reeks en het selfs die reeks se musiek-CD’s gekoop.

Wie was jou eerste TV-liefling? Eerste TVliefling – dis maklik: Errol (Christo Davids in 7de Laan) was my eerste TV-liefde.

Wie se klerekas op TV sal jy wil hê? Lisa Bonet se karakter Denise in The Cosby Show (1984-1992). As sy by ’n vertrek ingestap het, het sy altyd die koppe laat draai.

In wie se TV huis sou jy graag wou woon? Beslis in Bruce Wayne (Batman) s’n. Die ou het ’ n massiewe herehuis en boonop ’ n Batcave onder die huis.

Oor watter reeks is jy fanaties? Die Zombie-riller The Walking Dead (2010-nou), die fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou) en die sombere reeks The Handmaid’s Tale (2017-nou). Indien jy agter die skerms gewerk het, watter werk sou jy doen en hoekom? Ek sou graag ’n kamera-operateur wou wees. Ek dink dit is iets spesiaal om so naby aan akteurs te wees wanneer ’n toneel afspeel. Jy kan inzoom op hul oë, hul mond. Jy sien al die uitdrukkin­gs wat die gewone oog nie sien nie. Watter W storielynw­ending in ’n program is jou gunsteling? Ek is mal oor ’n sterk vroulike karakter soos Daenerys Targaryen (Emilia Clarke) in Game Of Thrones met haar drake! Ek sou wat wou gee om sulke drake te hê. Watter W TV-karakter is jou held en hoekom? June Osbourne (Elisabeth Moss) in The Handmaid’s Tale en Sarah Connor (Lena Headey in die Terminator-reeks, 2008-2009); en Linda Hamilton in die 1991 sci-fi-fliek Terminator 2: Judgement Day). Hulle is almal vroue wat in daardie, vir hulle, heeltemal vreemde en nuwe wêreld en omstandigh­ede geplaas is en hulle is vegters in daardie stryd.

AsA jy enige karakter in enige reeks kan speel, wie

sal s dit wees en hoekom? Annalise Keating, Viola Davis se karakter in die dramareeks How To Get Away With Murder (2014-nou). Natuurlik is Queen Viola absoluut magneties en wonderlik in die rol . . . dit sal dalk verkeerd wees van my om die rol te speel, maar dit is so ’n sterk rol en karakter vir ’n vrou van kleur, geskryf deur ’n vrou van kleur. Watter reeks bingekyk jy op die oomblik? The Handmaid’s Tale seisoen 2, maar ek’s amper klaar daarmee. Watter reeks en episode het jou onlangs laat huil? Ek klink seker soos ’n plaat wat vashaak, maar die eerste 10 minute van episode 1 van seisoen 2 van The Handmaid’s Tale het my gebreek. Sonder om iets weg te gee (vir die wat nog moet kyk) die musiek en die kamerawerk en die spel . . . ek was in trane. Watter W reeks het jou geïnspiree­r om ’n akteur

te t word? Ek was baie klein toe ek besef het ek wil ’n aktrise wees, maar tienerdram­as soos The Wonder Years (1988-1993) en My So-Called Life (1994-1995) met Claire Danes en Jared Leto het die regte knoppies gedruk en ek het my hart en passie gevolg. Jou J TV-ikoon is? Ek kan nie net een kies nie . . . daar’s baie. Viola Davis, Claire Danes (veral Homeland, 2011-nou) en Issa Rae (Issa Dee in die komedie-reeks Insecure, 2016-nou). En as jy een ding oor jou karakter wat jy tans vertolk, v kon verander, wat sal dit wees? Ek is mal oor Janice. Dalk moet ons Janice wat iewers in Europa op vakansie is, verfilm . . . regtig in Europa!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa