TV Plus (Afrikaans)

Sepieliefd­e en -drama

’n Nuwe jaar, ’n nuwe liefde! Verwag ook iets venynigs en agteraf drama met Showmax se keuse van plaaslike sepies.

-

Het jou gunsteling­sepie se storielyne jou teleurgest­el in 2018? Of dalk is jy net lus om vanjaar ’n nuwe sepieversl­awing te ontdek. Showmax het die perfekte oplossing met die beste Afrikaanse sepies om van te kies. Word deel van ’n nuwe sepiefamil­ie en kyk of jy nie lekker saam met nuwe (en bekende) gesigte kuier nie.

ARENDSVLEI

KykNET & kie se jongste nuwe sepie is ook op Showmax! Nuwe episodes van Arendsvlei (Oktober 2018-nou) is beskikbaar vir kyk net ná dit weekdae uitgesaai is. En omdat al die vorige episodes reeds gereed is en vir jou wag, kan jy maklik inhaal as jy by die begin wil wegspring. Dit sal nie eens lank duur nie – want daar is geen advertensi­es nie en elke episode is net 23 minute lank. Arendsvlei speel in ’n hoërskool op die Kaapse Vlakte af. Die vise- skoolhoof Beatrice Abrahams (Jolene Martin) is toegewyd en wil seker maak plaaslike kinders kry die topgehalte opvoeding wat hulle verdien, maar haar man, die skool se hoof David Abrahams (Oscar Petersen) se alkohol- en dwelmversl­awing kan alles vernietig wanneer hy in die kloue van die gulsige, wraakgieri­ge geldskiete­r Wendy Newman (Rehane Abrahams) beland wat hom gebruik om lid te word van die skool se beheerraad. Sy is ’n slang en ons het geen ooghare vir haar nie. Behalwe die drama om ’n skool te bestuur gaan Arendsvlei ons ook ’n venster bied op die wêreld van reuse-uitdagings waarmee ouers en leerders op die Vlakte te doen kry en trotseer. Baie min sepies het soveel tienerkara­kters, wat aan Arendsvlei ’n opwindende en lewendige atmosfeer verleen.

 ??  ?? Die sepie Arendsvlei se oorlede skoolhoof, David Abrahams, sy dogter, Samantha (middel), en Aunty Gertie.
Die sepie Arendsvlei se oorlede skoolhoof, David Abrahams, sy dogter, Samantha (middel), en Aunty Gertie.
 ??  ?? Die onderhoof Beatrice Abrahams (links) en die geldskiete­r Wendy Newman.
Die onderhoof Beatrice Abrahams (links) en die geldskiete­r Wendy Newman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa