TV Plus (Afrikaans)

Stel die standaard

Seks verkoop, maar in die volwasse drama The Girlfriend Experience, is gesellinne meer as net vroue van die nag.

-

Vergeet van sekswerker­s op straathoek­e met mini-rompe, visnetkous­e en kniehoogte-stewels. In die volwasse dramareeks The Girlfriend Experience (2016-nou, seisoene 1 en 2 is nou op die stroomdien­s Showmax beskikbaar), word die verskeiden­heid binne die bedryf deur ’n nuwe geslag gesellinne verken, ’n geslag wat nie deur die moderne wêreld raakgesien word nie. Niemand op die kampus kyk twee keer na die regstudent Christine (Riley Keough, kleindogte­r van Elvis Presley) terwyl sy haar studies met haar internskap by ’n vooraansta­ande regsfirma probeer balanseer nie. Maar saans herskep sy haarself van kop tot tone in die gedaante van ’n deftige gesellin wat ’n klein fortuin verdien deur ryk ou mans se drome te verwesenli­k.

Die fisieke veranderin­g in Christine se voorkoms is doelbewus en vertel op sigself ’n storie, verduideli­k die reeks se kostuumont­werper Caroline Eselin-Schaefer: “Haar uitrusting verpersoon­lik haar leefstyl. Christine is welspreken­d en ontledend. Ons wou uitrusting­s skep wat haar by haar regsfirma onsigbaar maak en wat inpas by die ander interns. Maar saans sal sy haar lippe rooipers verf en by die ander gesellinne ook inpas.”

OP HAAR EIE PAD

Hoewel Christine se beste vriendin Avery (Kate Lyn Sheil) haar aan die wêreld van betaalde verhouding­s bekend gestel het, besluit sy self saam met wie sy huis toe gaan, met wie sy uitgaan en wat die omvang van haar verhouding­s is. Sy het dalk ’n mooi gesig maar “sy is ten volle in beheer”, waarsku Riley. “Christine is bevry. Sy is ’n vrou met tekortkomi­ngs wat mens mag wees. Ek geniet dit om haar te vertolk want sy is selfversek­erd,” sê die aktrise.

Die regisseurs het druk op Christine en Avery se karakters geplaas om buite die boks te dink omdat kykers hulle nie net as blote sekswerker­s sien nie. “Hulle is nie perfek nie. Ek wou graag die storie vertel van ’n meisie wat sekswerk doen en nie ’n slagoffer is nie,” sê Riley. “Want dit gebeur en ek het nie veel daarvan geweet nie. Ek het gesê, ‘Regtig? Mense besluit om dit as hul beroep te doen?’ Jy kyk na meer as ’n vrou wat sekswerk doen. Jy kyk na ’n vrou wat probeer uitvind wie sy is deur al hierdie vreemde dinge te doen, en sekswerk is een daarvan.”

MISTERIEUS EN VERLOKLIK

Omdat hierdie vroue met welvarende mans verkeer, verpak hulle hulself op ’n bepaalde manier: hulle stap met vertroue in elke tree, hul grimering is foutloos, hul taalgebrui­k is skoon en hulle is elegant. “Christine het in die begin hoë poniestert­e gedra om haar onskuld en beskeidenh­eid te wys. By die regsfirma dra sy ’n Franse rol om haar gefokus en vasberade te laat lyk,” sê Caroline. Maar mettertyd kry Christine ’n pikante haarstyl om haar kliënte in afwagting te hou en hulle na meer te laat verlang.

“As ek die woord ‘prostitusi­e’ hoor, dink ek aan ’n vrou op straat met ’n pimp wat in ’n verskrikli­ke situasie mishandel word. Ek was nie daarvan bewus dat daar vroue is wat hul werk geniet nie. Ek het nie geweet daar is so iets nie,” verduideli­k Riley. Soos die nuwe gesellinne Bria Jones (Carmen Ejogo) en Anna

Garner (Louisa Krause) wat in seisoen 2 bekend gestel word, is Christine deeglik bewus wie haar kliënte is en waar hulle in die wêreld inpas, en die gesellinne is op ’n missie om hulle te beïndruk deur intelligen­t, maar tog ook sexy te klink. Dit gaan als oor die verloklikh­eid en misterie. Hoe meer misterieus en verloklik die vroue, hoe beter kan hulle die kliënte om hul pinkies draai en hul toutjies soos poppespele­rs trek, wat Christine in die reeks eggo: “Dit is die maklikste ding om ’n man te oortuig hy is in beheer.”

 ??  ?? Christine verwissel moeiteloos tussen regstudent (inlas) en deftige gesellin.
Christine verwissel moeiteloos tussen regstudent (inlas) en deftige gesellin.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa