TV Plus (Afrikaans)

Gewaagde stories

7de Laan het kykers laat kopkrap.

-

Die jaar 2018 was bisar vir 7de Laan (2000-nou). Storielyne van mensehande­l, tronkvoëls, geheime gevegsklub­s, verneukery en ’n kultusgroe­p wat ’n gemeenskap gyselaar hou, het kykers goed omgekrap. Negatiewe kommentaar was oral op sosiale media te sien, maar aanhangers het bly inskakel en 7de Laan het sy kyksyfer van 3 miljoen oortref.

DROOMWERK WORD NAGMERRIE

Hillside is op Donderdag 8 Februarie geruk toe drie inwoners Amorey, Olivia en Nozi (Kristen Raath, Nadia Herbst en Dimpho Moore) ontvoer is deur ’n mensehande­l-sindikaat. Die drie vriendinne het gedink hulle gaan op die avontuur van ’n leeftyd waar hulle by ’n spogskool in Taiwan sou klas gee, maar dit was ’n slenter. Gelukkig het die manne van Hillside vinnig hul eie speurwerk gedoen en op Dinsdag 13 Februarie die meisies in ’n skeepsvrag­houer wat nog in Suid-Afrika was, opgespoor en bevry.

TRONKVOËLS

In April het 7de Laan sy 18de verjaardag gevier en is onthul Hilda (Annelisa Weiland) is die sakevrou Mariaan (Deirdre Wolhuter) se biologiese ma. Die boetiekbes­tuurder Connie (Quinne Brown Huffman) en prokureur André (Marcus Muller) het hul liefde aan mekaar verklaar, maar die verhouding is steeds wankelrig.

In Junie het ’n groot tronk-storielyn afgespeel met ses karakters agter tralies. Amanda (Carina Nel), Bonita (Hildegardt Whites), Emma (Bertha le Roux), Mariaan, Natalie (Daniella Deysel), en Vivian (Vinette Ebrahim) was almal gevangenes en die lewe in die tronk was allesbehal­we ’n piekniek. Bonita het die swaarste gekry omdat sy onder die indruk was haar babaseuntj­ie Daniel (Riley Moses) is dood. Sy het al haar varkies verloor en probeer selfmoord pleeg deur ’n matras aan die brand te steek. Tydens die brand het Amanda begin kraam, maar haar babadogter is dood weens rookinasem­ing.

VERNEUKERY EN ’N GEVEGSKLUB

Willem (Markus Haywood) en Amorey se huwelik het in Augustus op die rotse beland toe Willem Amorey met die jogainstru­kteur Tineke (Trix Vivier) verneuk het. Amorey het Hillside op Donderdag 23 Augustus verlaat en Stellenbos­ch toe getrek. In September het Rickus (André Lotter), Amorey se broer, ’n moeilike tyd beleef – hy het aan impotensie gely en by ’n gevegsklub Leef Of Lei aangesluit. As die suksesvoll­e vegter Ratel het hy sy manlikheid herwin, maar dinge het te ver gegaan tydens Ratel se geveg teen Arend (Marcus Muller), en hy is vir dood gelos.

HILLSIDE DIE NUWE HAVEN

Die lede van die Haven-groep het Rickus op Vrydag 21 September by ’n afgeleë rivier buite Hillside gekry ná sy geveg teen Arend. Die groep se hoof, oom Francois (Chris van Niekerk), wat jare gelede in Hillside gewoon het, het Rickus versorg en hom begin breinspoel om sy groep se mantra te volg om Moeder Aarde te beskerm en tegnologie­vry te leef. Op Vrydag 18 Oktober het ons die sakeman Chris Welman (David Rees), Rickus se pa, gegroet toe hy België toe gevlieg het om by sy tweede gesin, wat hy jare lank weggesteek het, te wees. En op Maandag 29 Oktober infiltreer Francois en sy kultusgroe­p Hillside en hou inwoners gyselaar.

WENSLYS VIR 2019

Ons wil goedvoelst­ories sien in 2019. Gee vir ons Vince en Aggie (Jacques Blignaut en Mimi Mahlasela) se troue, bring vir Chris Welman terug en laat hom en Mariaan versoen raak. En vir ’n bietjie drama, bring die boetiek-eienaar Felicity (Melanie du Bois) terug met haar kind – Willem se kind wat sy glo in 2016 tydens die swangerska­p verloor het.

 ??  ?? Die vroue wat almal saam in die tronk was, is van links Mariaan, Amanda, Emma, Liefie (Martelize Kolver, die tronkbewaa­rder), Natalie, Vivian en Bonita.
Die vroue wat almal saam in die tronk was, is van links Mariaan, Amanda, Emma, Liefie (Martelize Kolver, die tronkbewaa­rder), Natalie, Vivian en Bonita.
 ??  ?? Die Haven-kultusgroe­p marsjeer na Hillside om die woonbuurt oor te neem.
Die Haven-kultusgroe­p marsjeer na Hillside om die woonbuurt oor te neem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa