TV Plus (Afrikaans)

Die liefde wen

Diederik vind uiteindeli­k ware geluk by Olivia.

-

Diederik (Hennie Jacobs) verdien liefdesgel­uk. Die man is deur diep waters – in Maart 2018 het hy verval in dwelmversl­awing as gevolg van die groot seer wat hy in hom gedra het weens sy mislukte huwelik in September 2017 met (Kristen Raath). Dit het hom amper sy lewe gekos, maar hy het gelukkig in April tot sy sinne gekom en was gou weer die Diedie wat ons ken. In Augustus het die assistent in die boekwinkel, Olivia (Nadia Herbst), sy woonstelma­at geword en hulle het aanvanklik lelik koppe gestamp weens albei se huismanier­e. Hulle het uiteindeli­k ’n ritme gevind en ná die drama met die Haven-kultusgroe­p (lees meer op bl. 11) het hul band sterker geword en hulle het uiteindeli­k in Desember tot hul aangetrokk­enheid tot mekaar ingegee en begin uitgaan. Die nuwe jaar bring groot vreugde vir hulle wanneer hulle op Woensdag 2 Januarie besluit om hul verhouding verder te vat. En al kan ons nie veel daaroor uitlap nie glo ons kykers sal opgewonde wees wanneer ’n groot verrassing op Donderdag 10 Januarie kom. Intussen het ons Nadia en Hennie gevra hoe ver hul karakters sal gaan om hul nuutgevond­e liefde te beskerm.

OLIVIA O (NADIA HERBST)

Wat maak Diedie anders as Olivia se vorige v kêrels? Hy is s standvasti­ger en m meer volwasse. Hy is agt agtermekaa­r en daarom is hy vir Olivia, wat nog jonk is en nog besig is om haarself te vind, ’n rots en raadgewer. Diederik het al baie dinge ervaar en Olivia ook, dus leer hy haar in ’n mate hoe om haar kop bo water te hou, en sterk te staan. Hy het respek vir haar. Gewoonlik kies sy die slegte ouens wat haar hart breek, en hier raak sy verlief op haar pêl en sy voel sy kan in alle opsigte net haarself wees.

Wat vind Olivia onweerstaa­nbaar aan Diedie?

Olivia hou van ’n mooi man, maar Diederik se voorkoms het mettertyd vir haar onweerstaa­nbaar geword. Sy werksklere is vir haar vreeslik sexy, maar dan het hy ook die mooiste arms en lyf wat by hom pas.

Hoe sou Olivia ’n konfliksit­uasie tussen

haar en Diedie hanteer? Olivia kan soms te gou praat of reageer. Wanneer sy besef sy was verkeerd, raak sy paniekerig. Sy sal haar bes doen om op te maak as sy en Diedie sou vassit. Sy het ’n sagte hart en hou nie van konflik nie. Sy wil net altyd veilig en gelukkig voel.

Wat is Diedie se gunsteling­bederfie? Hy hou van ’n bord gekookte kos, asook braaivleis, maar hy sal mal wees oor enigiets wat Olivia vir hom maak.

Hoe sal Olivia Diedie in ’n moeilike tyd

ondersteun? Sy sal sy hand vashou en die stryd saam met hom aanpak – nes sy Rickus (André Lotter), haar vorige kêrel ondersteun het. Wat is Diedie se slegste gewoontes waarmee Olivia kan saamleef? Hy gooi sy nat handdoek op die vloer, en hy hou nie daarvan om die kombuis ná ete op te ruim nie.

Waarmee sou Olivia Diedie wou verras?

Olivia geniet dit om haarself op te dollie en sal Diederik graag wil uitneem na ’n deftige restaurant, net vir die lekkerte om vir hom te wys hoe lief sy hom het.

Wat sal Olivia alles doen om Diedie te beskerm?

Sy sal vir sy onthalwe jok, sy sal enige skuld aanvaar, en sy sal verseker ’n meisie op haar plek sit wat in haar slaai krap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa