TV Plus (Afrikaans)

DIEDERIK (HENNIE JACOBS)

-

Wat maak Olivia anders as Diedie se vorige meisies?

Hulle was goeie vriende voor hulle ’n paartjie geword het en het ’n groot deernis vir mekaar. Hy het nie hierdie soort verhouding met sy vorige meisies gehad nie. Dit maak dit wat hulle het baie spesiaal.

Wat vind Diedie onweerstaa­nbaar aan Olivia?

Haar hart. Sy het ’n sagte hart en dit maak van haar iemand wat omgee. Sy sal uit haar pad gaan om die een wat sy liefhet te ondersteun en te beskerm.

Hoe sou Diedie ’n konfliksit­uasie tussen hom en Olivia hanteer?

Hulle bly al maande lank saam onder een dak dus ken hulle mekaar redelik goed. Hulle weet wat die ander een sal omkrap of ongelukkig maak, dus wanneer ’n konfliksit­uasie ontstaan help hul goeie kommunikas­ievermoëns hulle om dit op te los.

Wat is Olivia se gunsteling­bederfie?

Goeie kos en wyn, en natuurlik Diedie se geselskap wat haar laat lag.

Hoe sou Diedie Olivia deur ’n moeilike tyd ondersteun?

Net bloot daar wees vir haar. Al is dit net om by haar te sit. Jy hoef nie te praat nie, net jou teenwoordi­gheid sal jou geliefde wys jy verstaan haar pyn.

Wat is Olivia se slegste gewoontes waarmee Diedie kan saamleef?

Sy is tydsaam in die badkamer en gebruik soms al die warm water.

Waarmee sou Diedie Olivia wou verras?

’n Verrassing soos ’n bos blomme, sjokolade of ’n boek wat sy graag wil lees.

Wat sal Diedie alles doen om Olivia te beskerm?

Alles. Hy het haar baie lief en sal enigiemand wat haar leed wil aandoen op sy plek sit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa