TV Plus (Afrikaans)

’n Tweede probeersla­g

Bridgette reik ’n helpende hand na Rhafiek en Carmen uit.

-

Die sakevrou Bridgette

October (Denise Newman) wys op Woensdag 2 Januarie haar sagte kant wanneer sy Rhafiek en Carmen Samsodien (Irshaad Ally en Desiré Gardner) wil help. Die paartjie het einde Desember 2018 ’n terugslag in hul nuwe eiendomsbe­sigheid beleef toe die verkoop van ’n duur huis wat hulle sou behartig, gekanselle­er is. Maar Bridgette kan hulle help – as haar slinkse man Ian October (Abduraghma­an Adams), eienaar van Suidooster-Eiendomme en die paartjie se vorige baas, dit nie in die wiele ry nie.

KAN SY VERTROU WORD?

“Bridgette is opreg in haar hulp aan die Samsodiens,” sê Denise. “Sy dink Ian was gemeen om die verkoop van die vorige huis wat Rhafiek en Carmen behartig het te stuit. Bridgette is nie so harteloos soos Ian nie. Dus gaan sy agter Ian se rug en help die Samsodiens om ’n goedkoop huis wat op Suidooster-Eiendomme se boeke is, naamloos te koop. Hulle kan dit opknap en teen ’n wins verkoop.” Carmen is op Donderdag 3 Januarie skepties oor Bridgette se plan en vra Rhafiek of sy betroubaar is. Bridgette kan Ian se pion wees, maar Rhafiek glo Bridgette is opreg. “Sy weet hulle sukkel en wil hulle regtig help,” sê Irshaad. Rhafiek maak later die dag ’n aanbod op die huis met geld wat hy by sy suster Bianca (Simone Biscombe) leen.

BOOS OOR GELD

Carmen is op Vrydag 4 Januarie verras wanneer sy hoor hulle het die huis gekry, tot sy besef Rhafiek het Bianca se geld gebruik. Irshaad sê die geld kom uit ’n trust vir Bianca se dogter

Stella (Phoenix Isabella Bennett). “Carmen voel dis ’n te groot risiko om die geld te gebruik, want sê nou iets loop skeef?” Ian kan uitvind hulle is die kopers en die koop stopsit. Carmen se reaksie vang Rhafiek onkant en hy besef sy het nie genoeg vertroue in die projek nie, dus besluit hy om eerder die koop te kanselleer.

’N TWEEDE KANS

Op Maandag 7 Januarie probeer Rhafiek ’n ander werk soek, maar Carmen kan sien hy is ongelukkig. Sy besef sy was selfsugtig en het haar vrese oor die geld toegelaat om haar oordeel te beïnvloed. Sy oorreed Rhafiek die volgende dag, Dinsdag 8 Januarie, om Bridgette te vra of die kooptransa­ksie kan voortgaan. Denise sê Bridgette is aanvanklik teësinnig.

VREUGDE VAN KORTE DUUR

Carmen en Rhafiek spring op Woensdag 9 Januarie weg met die opknap van die huis en geniet elke oomblik. Maar dan word Carmen se vrese waar op Donderdag 10 Januarie. Ian se prokureurs beveel hulle om alle opknapping­s te staak omdat hulle onder valse voorwendse­ls opgetree het. Die terugslag gaan hulle knak en enige hoop om hul besigheid voort te sit, vernietig . . .

 ??  ?? Carmen en Rhafiek probeer hul besigheid op die been bring.
Carmen en Rhafiek probeer hul besigheid op die been bring.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa