TV Plus (Afrikaans)

Woeste winde wat waai

’n Spogtroue, ’n brand en eko-terrorisme.

-

Wilde winde van veranderin­g, boosheid, spoke uit die verlede, maar ook versoening het in 2018 in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosc­h in die sepie Suidooster (2015-nou) gewaai. Kyk saam met ons terug op die onvergeetl­ike oomblikke van 2018 en loer na ons wenslys vir 2019.

HIER KOM DIE BRUID

Die eiendomsag­ent Rhafiek Samsodien (Irshaad Ally) het ons oë laat rek toe hy op Donderdag 4 Januarie sy gereëlde verlowing met Nuraan (Liezel Swartz) verbreek het. Die rede was hy het halsoorkop verlief geraak op sy kollega Carmen (Desire Gardner), en op Vrydag 27 Julie het hulle tydens ’n tradisione­le Moslemtrou­e afgehaak.

VURIGE DRAMA

Die maand April was deurspek met groot gebeurteni­sse. Die sluwe sakeman Ian October (Abduraghma­an Adams), eienaar van Suidooster-Eiendomme, was in sy noppies toe hy sy kroeg – Die Bridge – in Ruiterbosc­h geopen het. Die kuierplek het in ’n dwelmnes ontaard en Ian het boonop ’n buite- egtelike verhouding aangeknoop met Die Bridge se kelnerin Yolandi ( Trix Vivier). Yolandi was ’n diepdekkin­gsagent en voormalige polisievro­u met ’n agenda, en toe Ian op die inligting afkom het hy vinnig van haar ontslae geraak en Die Bridge op Woensdag 16 Mei laat afbrand.

Die Oos-Wes-restaurant se kelnerin Bianca (Simone Biscombe) het haar biologiese pa, Eben (Phillip Henn), op Dinsdag 10 April opgespoor. Hul verhouding het verstewig, maar Eben het op Dinsdag 24 Julie sy ware kleure gewys toe hy by Bianca se vriendin Danni ( Vashti Prins) begin aanlê het. Bianca het hom weggejaag toe sy die waarheid uitvind.

VERSLAWING EN ABORSIE

Bianca was in Augustus weer in die kollig toe sy ’n verhouding met die nuweling Lloyd (Ruben Engel) begin het. Lloyd het Bianca aan opkikkers voorgestel en voor Bianca haar oë kon uitvee was sy op Donderdag 30 Augustus ’n volslae pilverslaa­fde.

Sy het haar familie en haar babadogter Stella (Phoenix Isabella Bennett) begin afskeep en verstoot. En op Dinsdag 2 Oktober was sy so bedwelm sy het haar dogter stoksielal­leen by die huis gelos en die aand gaan jol.

Zoe (Lauren Joseph) en haar kêrel Wade (Dean John Smith) het in Augustus ook ’n moeilike tyd beleef. Zoe het uitgevind sy is swanger en was verward oor of sy die kind wou hou. Wade was opgewonde om pa te word en sou alles opoffer om saam met Zoe hul baba te versorg. Maar Zoe was nie gereed vir ma-wees nie en het op Donderdag 25 Augustus die fetus laat aborteer. Wade was verpletter en het hul verhouding beëindig.

LIEF EN LEED

Mrs. J (Theresa Sedras) was in September verheug toe haar kêrel Ronald (Ivan Abrahams) permanent Kaap toe gekom het. Die liefde het geblom, maar op Maandag 15 Oktober is alzheimers­iekte by Ronald gediagnose­er. Mrs. J was geskok, maar het Ronnie verseker sy staan by hom. Op Maandag 12 November het hulle in die teenwoordi­gheid van familie en vriende getrou.

In November het ’n ekoterrori­smegroep besighede in die omgewing beskadig. Wade is deur die leier van die groep, Nina (Charlene le Roux), gebreinspo­el en het hulle mantra van “Moeder Aarde bo alles” begin glo. Wade het gelukkig tot sy sinne gekom toe hulle beplan om Suidooster­Eiendomme se ontwikkeli­ngsprojek te saboteer. Nina en haar trawante het Wade uitgevang toe hy die polisie van hul bomplan vertel en hom gyselaar gehou.

WENSLYSIE VIR 2019

Ons sal graag wil hê die bose Ian se verlede moet by hom kom spook. Sou dit nie wonderlik wees as Yolandi terugkom uit die dood en hom kom teister nie? ’n Troue of twee sal ook ’n bederf wees, spesifiek tussen die Oos-Wes-restaurant se eienaar Stefan (Gideon Lombard) en sy eksvrou Michelle (Greta Pietersen), en as hulle ook wonder bo wonder ’n kleinding in die lewe kan bring, sal dit van 2019 definitief ’n wenjaar maak. • Lees meer op bl. 45.

 ??  ?? Carmen en Rhafiek op hul spesiale dag.
Carmen en Rhafiek op hul spesiale dag.
 ??  ?? Ian en Yolandi het die kat in die donker geknyp.
Ian en Yolandi het die kat in die donker geknyp.
 ??  ?? Nina het Wade om haar pinkie gedraai.
Nina het Wade om haar pinkie gedraai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa