TV Plus (Afrikaans)

Bloedsuste­rs versoen

Monique keer terug met skoknuus, en nuwe raaisels duik op.

-

Dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) word op Woensdag 2 Januarie lelik onkant betrap wanneer haar eens verlore suster Monique (Elani Dekker) uit die bloute by haar woonstel opdaag. “Monique het verlede jaar in Junie by die Binneland-kliniek begin werk, maar Annelize het nie geweet hulle is familie nie en eers uitgevind hulle is susters nadat Monique skielik binne ’n maand die hasepad gekies het,” vertel Cindy. “Sy is eintlik nog kwaad vir Monique omdat sy net verdwyn het en nie vir haar vertel het hulle is susters nie.” Monique het vir Annelize ’n brief gelos waarin sy vir Annelize vertel het hulle is susters en sy het dit eers gekry nadat Monique weg is.

Maar voordat Annelize kan wys sy is kwaad, vertel Monique die slegte nuus: hul ouers het in ’n motorongel­uk gesterf.

VREEMDE MAN, RUIKER EN LIEFDESBRI­EWE

“Annelize spook met gemengde gevoelens,” sê Cindy. “Sy is geskok, maar besef sy kan nie Monique se hartseer deel nie – sy het nooit haar biologiese ouers geken nie en in ’n weeshuis grootgewor­d. Terselfder­tyd is sy gefrustree­rd, want sy besef sy gaan nou nooit die geleenthei­d hê om haar ouers te leer ken nie.”

Die gedenkdien­s, wat op Woensdag 9 Januarie plaasvind, lê eers soos ’n berg voor albei, maar dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) ondersteun hulle. So tussen al die trane, vrae en verwyte deur duik ’n nuwe raaisel op: ’n Vreemde man daag by die begrafnis op en ’n ruiker wat aan Monique en Annelize se oorlede ma geadressee­r is, word by Annelize se woonstel afgelewer. “Monique probeer uitpluis van wie die vreemde ruiker kom,” vertel Elani.

Monique het die onbenydens­waardige taak om haar ouers se huis te ontruim en op Vrydag 11 Januarie kom Monique op ’n pak liefdesbri­ewe af wat deur ’n onbekende persoon aan haar ma gestuur is. “Monique is verward. Boonop het sy en Annelize dieselfde dag ’n uitval omdat Annelize dink sy is obsessief oor onbenullig­hede,” vertel Elani. “Maar Monique voel hul oorlede ma het haar in die duister gehou oor iets belangriks en sy is van voorneme om uit te vind wie die skrywer van hierdie liefdesbri­ewe is.”

Inhtussen probeer die susters om ’n verhouding te bou. Maar dit is moeilik, want daar is soveel bagasie: Monique besef baie antwoorde is saam met hul ouers in die graf en Annelize moet gewoond raak aan familie wat sy nog nooit in haar lewe gehad het nie. En die vreemde briewe en man spook eintlik by hulle albei.

 ??  ?? Monique en Annelize moet mekaar nou leer ken.
Monique en Annelize moet mekaar nou leer ken.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa