TV Plus (Afrikaans)

Kitsliefde

Julia het net oë vir die Stryders se nuwe prokureur Divan.

-

Die Strydersru­gbyspan se kaptein Blitz ( Werner Coetser) is net nie gelukkig met liefde nie. Sy verhouding met Julia (Zetske van Pletzen) ry wipplank sedert hy haar in November 2018 die jawoord gevra en sy geweier het. Julia se verwerping het Blitz diep in die bottel laat kyk en toe doen hy die lakendans met ’n pompon- danser. Sedertdien probeer Blitz alles in sy vermoë om met Julia versoen te raak, maar sy wil niks weet nie. En nou het sy net oë vir die Stryders se aantreklik­e nuwe prokureur, Divan (Stefan Ludik), en Blitz word verder op die agtergrond geskuif.

DIE VONKE SPAT

“Julia ontmoet Divan toevallig in Potties se kroeg (op Woensdag 2 Januarie) terwyl sy vir Blitz wag om oor hul gebroke verhouding te praat,” vertel Zetske. Julia en Divan is dadelik aangetrokk­e tot mekaar en die vonke spat – in so ’n mate dat Julia Blitz ignoreer wanneer hy opdaag.

Stefan sê Divan is ’n sjarmante ou en raak vinnig dolverlief op Julia. “Hulle deel ’n passie vir Frankryk en die Franse kultuur.” Julia praat vlot Frans en wanneer sy hoor hy hou gereeld in Frankryk vakansie word haar knieë lam.

Op Donderdag 3 Januarie hoor Blitz tot sy ontstelten­is daar is meer as net vriendskap tussen Julia en Divan. “Hy is bang hy gaan haar finaal verloor en vra haar weer om te trou. Maar Julia weier weer,” sê Werner. Later die dag bring Julia en Divan tyd saam deur en raak so meegevoer deur die vonk tussen hulle dat hulle besluit om te trou!

BLITSVINNI­G VERLOOF

Blitz is op Vrydag 4 Januarie verpletter deur die verlowings­nuus. “Hy probeer sin in Julia se kop praat, maar sy is vasbeslote om ’n nuwe lewe saam met Divan te begin,” sê Werner. Intussen sukkel Maryke (Marjike van der Westhuizen), Julia se suster, om gelukkig te wees vir haar sus. Zetske sê Maryke weet hoe lief Julia vir Blitz was. “En nou wil sy skielik met ’n ander man trou; dit laat Maryke hul kitsliefde bevraagtek­en.” Dis nie lekker wanneer jou sus jou nie ondersteun nie. Teen Maandag 7 Januarie kry Divan dit tog reg om Maryke se goedkeurin­g vir die verlowing te kry.

Intussen oefen Blitz op Woensdag 9 Januarie in die gimnasium “om uiting te gee aan sy frustrasie en hartseer oor Julia”, sê Werner. Maar spiere gaan hom nie hier help nie. Hy sal sy kop en hart moet gebruik as hy Julia weer syne wil noem.

 ??  ?? Julia is halsoorkop verlief op Divan.
Julia is halsoorkop verlief op Divan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa