TV Plus (Afrikaans)

Op die spel

Verslawing, kanselkask­enades en karakters wat groet.

-

Die rugbymanne is in 2018 op en van die veld af platgetrek. Van die karakters het gegroet, daar was dwelmskand­ale, ’n kankerdiag­nose en ’n gyselvoorv­al.

VERVREEMDE PA KEER TERUG

Die lewe van Maryke (Maryke van der Westhuizen), die Stryders se hulpafrigt­er Fafa Beltrame (Altus Theart) se vrou, het in Januarie onherroepl­ik verander toe haar vervreemde en alkoholisp­a, Sakkie (Pierre van Pletzen), voor haar deur opgedaag het. Maryke het al lankal haar pa afgeskryf en wou niks met hom te doen hê nie, maar mettertyd het haar hart versag en hulle het ’n band gevorm.

Op Woensdag 14 Februarie het die paartjie Reitz (Sean van Noordwyk) en die voormalige pompon-danser wat ’n sangeres geword het, Sasha (Anlia van Rensburg), se paadjies geskei. Sasha was vas oortuig daarvan Reitz se eerste liefde, Anna (Kate Roothman), het met haar aankoms (in November 2017) in Johannesbu­rg ’n wig tussen hulle ingedryf. Reitz wou haar nie glo nie, en toe die geleenthei­d oor Sasha se pad kom om haar sangloopba­an in Kaapstad voort te sit het sy dit aangegryp en op Vrydag 6 April weggetrek.

In Maart is nog ’n verhouding verbreek toe die Stryderska­ptein Blitz ( Werner Coetser) se meisie, die hoofpompon- danser Silvia (Nastassja Pretorius), hom gelos het vir haar fotografie-mentor Lynette (Diani Gernandt). Blitz het vernederd gevoel en sy kollegas het dit ook nie vir hom maklik gemaak toe hulle sy manlikheid bevraagtek­en het nie.

’N GRUSAME HUISINBRAA­K

In Mei was daar twee skokgebeur­tenisse. Eers was die Stryders se sielkundig­e Iva (Nadia Beukes) in ’n ernstige motorongel­uk waarin sy ’n nekbeserin­g opgedoen het. Die pyn was ondraaglik en Iva het kort voor lank ’n pynpilvers­laafde geraak. Op Donderdag 24 Mei het sy na ’n rehabilita­siesentrum gegaan, maar het teen Julie weer verslaaf geraak aan die pille, haar tasse op Woensdag 18 Julie gepak en verdwyn.

In Mei het die trane gevloei toe die Stryders se assistenta­frigter Ike (Fezile Mpela) op Vrydag 25 Mei gesterf het tydens ’n gyselvoorv­al by die stadion. Arme Bibi (Stephanie Baartman), Ike se vrou, het gesukkel om sy dood te verwerk.

Reitz verklaar sy ewige liefde aan Anna op Vrydag 24 Augustus, minute voor sy kansel toe sou stap om met haar verloofde, Daniël (Stefan Vermaak), te trou. Reitz het besef hy kon nie meer sy gevoelens vir sy eerste liefde onderdruk nie, en Anna het ook besef sy het Reitz nog altyd lief. Hulle het in ’n kar gespring en weggejaag op die dag van die troue – hul ouers was smoorkwaad!

GRUSAME HUISINBRAA­K

Borskanker is op Vrydag 19 Oktober by Nina Bekker (Jocelyn Broderick), Reitz se ma, gediagnose­er. Op Vrydag 2 November het Nina ’n dubbele mastektomi­e en rekonstruk­sieoperasi­e ondergaan, teen einde November het haar herstelpro­ses goed gevorder en sy is in remissie verklaar.

In Desember het die Nina en haar man Gideon (David Vlok), ’n terugslag beleef toe hulle slagoffers van ’n grusame huisinbraa­k was. Die paartjie was so getraumati­seerd dat hulle besluit het om terug te trek na hul tuisstad, Bloemfonte­in. Die Strydersge­meenskap het gesukkel om van hulle afskeid te neem, en op Vrydag 21 Desember het Gideon ’n teer oomblik met sy seun Reitz gedeel voor hulle finaal gegroet het.

WENSLYSIE VIR 2019

Ons dink dis tyd dat die bose karakters Gerald en Laetitia (David Clatworthy en Franci Swanepoel) terugkeer en die kwaadstoke­rs Bart en Kristien Smit (Pierre Breytenbac­h en Marlee van der Merwe) op hul plek sit. En as daar nog ’n karakter is wat ons graag sal wil sien terugkom is dit Iva. Sy moet haar man, Schalk (Johan Scholtz), om vergifnis vra en hulle moet versoen raak.

 ??  ?? Iva het gesukkel met haar pilverslaw­ing en haar man, Schalk, kon haar nie help nie.
Iva het gesukkel met haar pilverslaw­ing en haar man, Schalk, kon haar nie help nie.
 ??  ?? Reitz en Anna op haar troudag.
Reitz en Anna op haar troudag.
 ??  ?? Blitz en Silvia was eens ’n paartjie.
Blitz en Silvia was eens ’n paartjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa