TV Plus (Afrikaans)

Ou liefde brand hoog

Thys en Ronel sukkel om hul hande van mekaar af te hou wanneer hulle in ’n ongemaklik­e situasie geplaas word.

-

Dis vir die matrieklee­rder Chantel (Menicia Sass) lekker om haar medestuden­t Lee-Roy (Robert Kyle) se lewe moeilik te maak. Hy is gay en sy laat hom dit nie ’n oomblik vergeet nie. En wanneer sy hoor Lee-Roy se ma, Ronel (Melanie du Bois), en die onnie Thys (Sherman Pharo, van 2016-2017 Ismail in Suidooster, 2015-nou) was op hoërskool gekys, het sy ’n nuwe plan om Lee-Roy te boelie. As sy die getroude Ronel kan kry om haar man, Lionel (Jody Abrahams), met Thys te verneuk kan sy Lee-Roy daaroor terg. En op Dinsdag 8 Januarie sluit sy Ronel en Thys saam in ’n woonwa toe en die twee besef dat nie al die ou gevoelens tussen hulle begrawe is nie.

WARE LIEFDE

Thys en Ronel se skoolroman­se was prentjiemo­oi. “Sy was saggeaard, liefderik en lewenslust­ig, iets wat Thys se oog gevang het omdat hy baie dieselfde is,” sê Sherman. Maar sy het een aand oor die tou getrap met Lionel en swanger geraak. “Daarna was hul romanse verby, maar hulle het steeds goeie vriende gebly. Nou is hulle saam in Arendsvlei, en hy dink gereeld aan die dae toe hulle smoorverli­ef was,” erken Sherman.

SKRIK WAKKER

Voordat iets tussen Ronel en Thys in die woonwa gebeur, kry hulle dit reg om te ontsnap, maar dit beteken nie Chantel se plan het misluk nie. Later dieselfde aand sluip hulle by Thys se huis in, terwyl sy vrou, Janice (Crystal-Donna Roberts), uit is vir die aand. Daar op die rusbank vertroetel hulle mekaar onder ’n kombers. “Maar niks gebeur nie,” verdedig Sherman vinnig. “Thys is ’n eerbare mens. Hulle albei ervaar die drange en sukkel om hul hande van mekaar af te hou, maar raak later aan die slaap. Die volgende oggend skrik hulle in mekaar se arms wakker en dis ’n groot skok vir albei. Sê nou iemand het hulle gesien?” vra Sherman. “As Chantel ooit sou uitvind is dit klaarpraat met hom en Janice, Ronel en Lionel, want sy sal groot amok maak.”

 ??  ?? Ronel en Thys raak te gemaklik op die rusbank onder ’n kombers.
Ronel en Thys raak te gemaklik op die rusbank onder ’n kombers.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa