TV Plus (Afrikaans)

Voordeel van twyfel

Lerato sê Mpho af om haar vriendskap met Lesedi te red.

-

Lesedi (Luyanda Mzazi) is op Donderdag 3 Januarie verbysterd dat haar beste vriendin, Lerato (Candice Modiselle), Lesedi se eks, Mpho (Junior Singo), date. Sy het nie gedink Lerato is ernstig toe sy drie dae tevore op Maandag 31 Desember onthul het sy en Mpho is ’n paartjie nie. “Dis hoekom Lesedi vals glimlag,” sê Candice. “Sy het nie gedink Lerato is ernstig nie en het dit weggelag.” Lesedi het ook nie gedink Mpho sal ’n lakendans met haar vriendin doen nie, en so openlik, al is hulle sedert 2017 nie meer saam nie. Lesedi wil nie soos die jaloerse vriendin lyk nie en lewer dus nie kommentaar nie en steek haar teleurstel­ling weg, verduideli­k Candice, maar sy kan ook net so lank dikmond wees voor Lerato dit op Donderdag 10 Januarie agterkom.

ONSEKERHEI­D

Lerato dink nie daar’s enige botsende belange nie. “Sy het ingestem om met Mpho uit te gaan omdat hulle regtig ’n konneksie het. Dit was nie uit venyn nie,” voeg die aktrise by. Maar Lesedi dink anders daaroor en sy sal Lerato eerder enkel sien as saam met Mpho. “Lesedi wag totdat hy vertrek [op Donderdag 3 Januarie] en vertel Lerato dan Mpho is onbetrouba­ar,” sê Candice. Lesedi was die een wat in die verhouding ontrou was, maar sy verdraai die storie dat dit in haar guns is, voeg die aktrise by. “Lesedi skilder hom heeltemal anders as wat hy regtig is. Sy vertel Lerato hy sal haar seermaak sodra hy die kans kry. Lerato hoor wat Lesedi sê, maar sy ken haar vriendin en sy ken ook vir Mpho. “Dis vir Lerato ’n bitter pil om te sluk,” sê Candice, “om in hierdie situasie te wees. Lesedi is uiters selfbehep, ten koste van Lerato se gevoelens – maar sy het ook met Mpho uitgegaan, so wat as sy die waarheid praat oor hom?”

VRIENDSKAP MEER WERD

Lerato is nie seker wat sy moet doen nie en daarom doen sy op Donderdag 10 Januarie wat vir haar die beste is: sy gee Mpho die trekpas. “Sy wens dit was nie nodig nie, maar haar vriendskap beteken vir haar meer,” sê Candice. Dit maak Lesedi gelukkig maar Lerato is teen Maandag 14 Januarie spyt oor haar besluit. “Sy mis Mpho baie. Hul tienerlief­desverhoud­ing is kortgeknip. Hy was haar steunpilaa­r, anders as Lesedi wat weer als om haar laat draai, en dit ontstel Lerato,” sê Candice. Meisiekode­reël #1: moet nooit jou bestie se eks date nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa