TV Plus (Afrikaans)

Gesinskwes­sie

Die koningin van onheil Yvonne se minnaar Mthunzi dans vir ’n slag na haar pype.

-

Boniswa (Lusanda Mbane) se vermoedens oor haar nuwe skoonseun Mthunzi (Bongile Mantsai) se geheimsinn­ige, middernagt­elike oproepe maak haar verboueree­rd, want regtig, watter goeie rede kan hy hê? Terwyl Layla (Natasha Sutherland) die saak van Vrydag 4 Januarie af ondersoek, giggel kykers al ’n rukkie . . . saam met Mthunzi se minnares, Yvonne (Kgomotso Christophe­r). “Ons weet almal Yvonne gedy wanneer sy moeilikhei­d veroorsaak. Veral vir mense wat sy meen sy moet terugbetaa­l,” sê Kgomotso ondeund. “Dis vir haar lekker om sonder die Langas se wete in hul koninkryk te wees. Sy hou daarvan om mense om te krap. Mthunzi se vrou, Xolile (Sivenathi Mabuya), het dit duidelik gemaak toe Yvonne Boniswa se tweede vrou was dat sy nie belang stel om vriendelik te wees of om ’n verhouding met Yvonne te hê nie. Sy voel dus nie sleg oor Xolile nie.”

NET OOR GELD

Hoewel Yvonne daarvan hou om onheil te saai, sal sy geen probleem hê om Mthunzi soos ou pantoffels weg te gooi nie as sy die punt bereik waar haar rondsluipe­ry haar trustfonds in gevaar stel. “Die storielyn is so geskryf dat kykers Yvonne die eerste keer los van en sonder ’n behoefte aan die liefde sien. Sy kon nooit regtig oor Siseko (Hlomla Dandala) kom nie. Sy is seergemaak deur wat met Damon (Craig Urbani) gebeur het, wat haar in Februarie 2017 voor die kansel gelos het. Maar met Mthunzi gaan dit net oor geld en niks anders nie. Hy besef nie Yvonne is ’n sterk en selfstandi­ge vrou nie. Sy hou nie daarvan om beheer te word nie en sy het hom glad nie nodig nie,” sê Kgomotso.

MEJ. ONDEUG

Behalwe Mthunzi is daar nie veel romantiese opsies beskikbaar nie. “Dis lastig, want sy het eintlik reeds by almal die ronde gedoen, né?” kla Kgomotso. “Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha) het vir haar gesê al is hy baie verlief op haar gaan dit nie gebeur nie. Tensy daar ’n nuwe karakter is, het sy hulle almal beproef.” Kgomotso se wens vir die jaar is dat Yvonne die goeie gedrag as ’n Langa-vrou in 2018 afskud. “Ek wil hê sy moet meer soos die knoeier wees wat sy was toe sy daar aangekom het. Ek wil haar weer sien in slinkse transaksie­s, ek soek daardie dobbelkant, die kansvatter en planmaker.” Laat dit gebeur, Scandal!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa