TV Plus (Afrikaans)

Beloftes en wraak

Scandal! 2018 se drag het als ingesluit van trourokke tot dwangbuise en begrafnish­oede.

-

Die jaar het tragies begin. Kykers het pas oor die skok gekom van Yvonne (Kgomotso Christophe­r) wat op Dinsdag 16 Januarie geskiet is om haar suster-vrou Boniswa (Lusanda Mbane) te beskerm teen die sluipmoord­enaar wat Yvonne per abuis tydens ’n pokerspel gehuur het, toe die 68-jarige akteur Sandy Mokwena (Bra Eddie Khumalo) skielik op 25 Januarie dood is. Hy is die hele jaar deur baie gemis, maar baie meer skokke het nog gewag . . .

GETIKTE ROMEO

Romeo (Hungani Ndlovu) het na die versteurde pasiënt Jennifer (Charmaine Weir-Smith) uitgereik om hom te help om Quinton (Brighton Ngoma) se ma, Layla (Natasha Sutherland), in Februarie in die hospitaal op te sluit. Maar die slinkse Jen keer die appelkar op Dinsdag 20 Februarie om deur die toelatings­vorms met Romeo se naam daarop te vervals, te ontsnap en Quinton te dwing om vir die skyn met haar te trou! Al wat Romeo daarna bereik het, was om die personeel by die toevlugsoo­rd te oortuig hy hoort in ’n isolasieka­mer. Terwyl hy bykans ’n maand lank opgesluit was, het Romeo begin met terapie by dr. Jameson (Karin van der Laag), wat insig in sy verwronge gemoed verskaf het.

VAN DIE DAK GESTOOT

Vrydag 13 April was ongelukkig vir Mangi Nyathi (Kagiso Modupe), wat byna doodgeslaa­n is deur sy neef Quinton voordat Mangi se eksvrou, Dintle (Mapaseka Koetle), hom van die dak afgestoot het nadat hy gedreig het om met baba Jewel (Mckenzie Myburgh) van die gebou af te spring! Maar toe hulle na sy liggaam gaan soek, was dit weg – danksy Neo (Jerry Mofokeng Wa Makhetha), wat Mangi weggesmokk­el het om in ’ n private kliniek aan te sterk. Mangi keer op Donderdag 3 Mei met geheueverl­ies terug en groet finaal op Maandag 14 Mei.

DIE DOOD VIR SISEKO!

Siseko Langa (Hlomla Dandala) was veronderst­el om in Junie buite die land te werk. Hy is egter op Woensdag 17 Junie deur ’ n gegriefde man ontvoer. Die wrewelige Mthunzi (Bongile Mantsai), seun van die Langas se lojale huishoudst­er, Dambisa (Khanyisa Bunu), het as kind gevoel die Langas kleineer hom en het geglo sy ma het hom in die steek gelaat om na hul familie om te sien. Hy het Siseko vasgebind in ’ n verlate huis aangehou en daag op Vrydag 15 Junie by die Langas se huis op. Hy gee voor Siseko het hom gestuur om hulle in sy afwesighei­d te lei. Mthunzi se medepligti­ge Chichi (Mbonisi Mahonondo) maak Siseko per ongeluk dood op Donderdag 16 Augustus en die familie treur op Donderdag 23 Augustus. En wanneer Chichi by die begrafnis opdaag, probeer Mthunzi haar ook vermoor.

“JA” VIR PA SE MOORDENAAR

Xolile (Sivenathi Mabuya) trou onwetend met die man wat probeer om haar familie te vernietig toe sy op Maandag 19 November vir Mthunzi “ja” sê. Terwyl sy die ene opgewonden­heid was, het Mthunzi se hart ook op galop gegaan toe sy nuwe geliefde Yvonne ongenooid en vol ondeundhei­d by die troue aankom nadat sy vroeër die dag vinnige seks met die bruidegom in ’ n hyser gehad het! Romeo gooi ook ’ n knuppel in die hoenderhok toe hy homself aan die familie voorstel as die geliefde van Xolile se broer, Chumani (Ayanda Daweti), en Mthunzi se ma Dambisa het ’ n regte hartaanval toe Mthunzi sy voorgee-ouers aan gaste by die troue voorstel.

WAT ONS IN 2019 WIL SIEN

Ons wil hê Yvonne moet met ’ n biljoenêr trou, en met iemand wat ryker en katteriger as sy is baklei om hom te behou. En dit sal prettig wees as sy Dintle as haar persoonlik­e helper huur sodat sy Didi in die fyn kuns van fortuinsoe­kster kan inwy. Scandal! se fabelagtig­e, enkelvroue Grace (Bathabile Mashigo), Layla and Boniswa het romanses nodig om oor te skinder. En Hlengiwe (Nqobile Khumalo) moet ’ n onthulling skryf oor die musiekbedr­yf wat meisies soos Lindiwe (Nomvelo Makhanya) uitbuit terwyl sy aangetrokk­e is tot die musiekbaas wat die misbruik moontlik maak.

 ??  ?? Mthunzi en Xolile het almal aan die raai gehou op hul troudag.
Mthunzi en Xolile het almal aan die raai gehou op hul troudag.
 ??  ?? Dintle het Mangi van die dak afgegooi.
Dintle het Mangi van die dak afgegooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa