TV Plus (Afrikaans)

Suster swymel

Lalage vind Wendy se seksgeheim uit en jaag haar weg.

-

Wendy (Michelle Beling) kan haar hande nie van haar swaer, Hendrik (Gérard Rudolf), afhou nie op Woensdag 2 Januarie. “Die tyd staan stil wanneer hulle by mekaar is,” sê Michelle. “Hulle is so opgetrek met mekaar hulle vergeet heeltemal hy is met haar suster, Lalage (Elma Postma), getroud.” Vir Wendy is die rondsluipe­ry met Hendrik nie net nog ’n niksbeduid­ende affair nie. Sy is sedert Oktober verlief op hom toe hy haar die aandag gegee het wat sy nooit gekry het nie, en dis ook hoekom sy haar oormaakses­sie gehad het, onthul Wendy. Sy wou Hendrik beïndruk en hom op haar verlief maak deur meer soos ’n dame en minder soos ’n rabbedoe te lyk. Wendy het nie eens gedink aan die prys wat sy sou betaal nie. “Selfs haar susterskin­ders, Anja en Zan

dré (Lee Visagie en Dèanré Reiners), het tweede plek ingeneem,” verduideli­k die aktrise. Maar al dink die verliefdes hulle is versigtig is ál wat nodig is ’n klein glips op Vrydag 4 Januarie . . .

OOMBLIK VAN WAARHEID

Ons mag nie verklap wat Lalage op Vrydag 4 Januarie vind nie, maar dit onthul dadelik die affair. “Sy begin Hendrik vrae vra. Sy’s genadeloos en druk hom tot hy uiteindeli­k die waarheid verklap.” Die realiteit van haar man wat by haar suster slaap, tref Lalage soos ’n hou tussen die oë. Sy sou eerder verkies dat dit sommer net enige flerrie was, sê Michelle. “Maar haar eie suster? Sjoe! Lalage is verpletter en bars [op Maandag 7 Januarie] by Wendy se werk in en konfrontee­r haar voor die klante.” Lalage gee Wendy ’n klap voor sy uitstorm. Al is Wendy verneder, besef sy sy was verkeerd: “’n Mens mors nie met iemand anders se man en kom so lig daarvan af nie,” sê Michelle.

NIE MY SUS SE OPPASSER

Lalage jaag Wendy uit haar huis op Dinsdag 8 Januarie voor sy dieselfde dag haar aandag op die man in die middel toespits. “Soos Wendy, sal Lalage veg vir wat sy saam met Hendrik het,” verduideli­k Michelle. Sy sê vir hom sy is gewillig om hom te vergewe as hy dinge met Wendy beëindig, maar Hendrik is die een keer in sy lewe nie seker waar hy staan nie. “Hy en Wendy het ’n sterk verbinteni­s opgebou. Daar is ’n vonk en dis moeilik om te maak asof niks tussen hulle gebeur het nie,” verduideli­k Michelle. Hendrik weet nie wat om te doen nie en vertrek op Dinsdag 15 Januarie om sy kop te gaan skoon kry, met die susters wat verskeurd en seergemaak is. Hulle albei is lief vir hom, sê Michelle, maar by wie sal hy wil bly wanneer hy terugkeer?

 ??  ?? Wendy (links) weet nie wat om te sê wanneer Lalage haar oor Hendrik konfrontee­r nie.
Wendy (links) weet nie wat om te sê wanneer Lalage haar oor Hendrik konfrontee­r nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa