TV Plus (Afrikaans)

Dood in Thathe

’n Wraakaanva­l op Awzindini het tragiese gevolge vir ’n lid van die koninklike familie.

-

Die verlede het die nare gewoonte om jou in te haal wanneer jy dit die minste verwag en dis ’ n persoonlik­e aanval op Azwindini (Gabriel Temudzani) op Woensdag 9 Januarie. “Hy verwag dit glad nie,” verduideli­k Nat Ramabulana, wie se karakter, Tenda, nog nie die hoofman vergewe het dat hy in Februarie 2018 by sy vrou,

Livhu (Anzani Tshivhase) geslaap het nie hoewel Azwindini dink hul kwessies is opgelos. “Hierdie storielyn het ’ n jaar lank aan Tenda gevreet. Sy aandag word afgelei deur sy broer Tshamano (ook deur Nat vertolk) se vrylating uit die tronk op Maandag 7 Januarie vir ’ n ongenoemde misdaad maar dit is die begin van ’ n groot veranderin­g.”

BROEDER, BROEDER

“Tshamano was 10 jaar lank in die tronk. Hy was saggeaard en ’n bleeksiel maar die tyd in die tronk het hom hard gemaak en in ’n gevaarlike man verander,” waarsku Nat. Hy is onvoorspel­baar en selfs Tenda sal hom dalk nie kan beheer nie, sê die akteur. “Tenda verwelkom sy broer met ope arms en vertel hom alles wat gebeur het terwyl hy in die tronk was, ook van die hoofman wat sy mag misbruik om by Livhu te slaap terwyl hy reeds verskeie vroue het. Tshamano steel Tenda se vuurwapen op Dinsdag 8 Januarie en gaan na die koninklike huis om met die hoofman te praat,” sê Nat.

DOOD VAN ’N VEGTER

Tshamano sluip op Woensdag 9 Januarie binne en gaan na die troonkamer in die hoop om die hoofman daar te kry. Hy word egter deur Azwindini se oudste seun Mulondo (Ndamulelo Mbuwe) betrap, verduideli­k Gabriel. “Mulondo konfrontee­r die vreemdelin­g en in die gestoei word die wapen afgevuur en Mulondo lê inmekaar op die vloer terwyl Tshamano vlug.” Azwindini is onbewus van Tshamano se bestaan, dus wanneer hy Tenda se vuurwapen op die vloer langs sy dooie seun kry, sweer hy onmiddelli­k wraak. “Tenda is geskok. Hy het nie sy broer gevra om dit te doen nie; nou sal Thathe dink hy is die moordenaar,” verduideli­k Nat. Tenda hou hom skaars en maak seker hy eerbiedig die treurende koninklike­s terwyl hulle die Great Warthog Of Luonde (Mulondo se koninklike titel) op Vrydag 11 Januarie begrawe, maar hoe gaan hy die hoofman vertel dit was sy bose tweelingbr­oer? “Dit is so ’n vergesogte sepiestori­e maar hierdie keer is dit die waarheid,” sê Nat. Maar sal die hoofman hom glo?

 ??  ?? Tshamano (inlas) beplan nie om Mulondo dood te maak nie – hy’s daar vir die hoofman.
Tshamano (inlas) beplan nie om Mulondo dood te maak nie – hy’s daar vir die hoofman.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa