TV Plus (Afrikaans)

Mooiweersv­riend

Alfred se kierankies gaan braai wanneer skoolhoof Thobakgale uitvind hoe hy haar werk gesteel het.

-

Die nuwe jaar begin sleg vir die hoërskool Turfloop se nuwe skoolhoof Alfred (Putla Sehlapelo) op Donderdag 3 Januarie wanneer sy voorganger en vriendin, skoolhoof Thobakgale (Elizabeth Serunye), hom vra of sy kan saamry hof toe om teen haar afdanking te appelleer omdat sy in Junie 2018 skoolgeld misbruik het. Alfred maak verskoning en vertrek vinnig, en Putla sê dis omdat hy skuldig voel. “Hoe kan hy help as hy die een is wat haar laat afdank het? Hy voel sleg oor haar werklooshe­id, maar as sy appelleer en daar is ’n ondersoek sal sy uitvind hy was betrokke.” Alfred was self in ernstige geldelike moeilikhei­d en toe hy die kans sien het hy met die oneerlike sakeman en skoolbeleg­ger

Mr. Langa (Phillip Molepo) gekonkel om die skoolhoof se pos oor te neem en ’n hoër salaris te verdien om sy kontantsit­uasie reg te stel. En wanneer Alfred op pad is op Donderdag 3 Januarie, weet hy nie Thobakgale het ander vervoer gekry en sit die wiele aan die rol vir sy ondergang nie.

GEEN VRIEND IN NOOD

As Alfred die tyd kon terugdraai, sou hy sy gemors ongedaan gemaak het, onthul Putla, wie se karakter berou het oor sy verraad. “Hy was nie ’n goeie vriend nie en pleks dat hy haar help, het hy voordeel getrek uit haar situasie. Mr. Langa het seker gemaak sy vriend by die onderwysde­partement het die saak al in Augustus hanteer. “Dit was waterdig. Die prinsipaal se loopbaan was veronderst­el om dood en begrawe te wees,” sê Putla. Thobakgale teken appèl aan op Vrydag 4 Januarie, en as Alfred die dokumente lees, sal hy twee probleme merk: Sy is nie verhoor nie maar is daar en dan afgedank, teen die regulasies; en sy is toestemmin­g gegee om die geld te gebruik, wat nooit as bewyse bespreek is nie, want sy is nie amptelik verhoor nie.

GEE DIT TERUG

Terwyl Alfred op Dinsdag 8 Januarie besig is met sy skoolhoofp­ligte is die prinsipaal se appèl suksesvol en Alfred se bande met Mr. Langa word onthul. Maar Thobakgale verloor nie haar humeur nie en bly koel en kalm, sê Putla. “Die prinsipaal se hart is gebreek. Sy het hom jare lank as vriend en kollega vertrou en nooit gedink hy sou haar verraai nie.” Maar al is sy gretig om weer te gaan werk, sê Putla neem sy haar tyd, want sy wil haar vyande in die gesig kyk voor sy hulle uit haar kantoor skop. “Sy wil hê wat haar toekom en sy wil die uitdrukkin­g op Alfred se gesig sien wanneer hy uitgegooi word.”

 ??  ?? Skoolhoof Thobakgale wil haar pos terughê, maar sy het geen benul van die verraad wat sy gaan kry nie.
Skoolhoof Thobakgale wil haar pos terughê, maar sy het geen benul van die verraad wat sy gaan kry nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa