TV Plus (Afrikaans)

Ontvoer deur ’n maniak!

Abby baklei vir twee as sy sukkel om aan die lewe te bly in die dasmoorden­aar se hut.

-

Voorspoedi­ge nuwe jaar! Abby (Kate Mansi) besef op Woensdag 2 Januarie tot haar ontstelten­is dat haar verloofde en moontlike pa van haar baba, Ben

Weston (Robert Scott Wilson), Salem se dasmoorden­aar is. En as Ben dreigend opmerk dat hy die vrees in haar oë kan sien, verstaan Abby dalk nog nie dat daar eintlik twee mans by haar is nie – die verloofde wat haar liefhet, en die waansinnig­e man wat sal moor om haar te behou. “Ben is twee verskillen­de mense. Dit voel asof Benjamin sy bewustheid verloor, mense uitwis en mal goed doen. Dan is daar Ben, die goeie ou wat die klein prinses van Salem se hand vat,” verduideli­k Robert. “Toe ek my navorsing vir die storie gedoen het, het my Netflix-kyklys soos ’n psigopaat s’n gelyk: hope van die moordenaar Robert Durst en Psycho [1960 se gruwelflie­k] en elke gesplete persoonlik­heid.” Maar as die mal Benjamin/Ben Abby op Donderdag 3 Januarie uitklop, haar na ’n hut in die woud sleep en aan ’n bed vasmaak sodat hulle alleen kan wees, is dit tyd om te veg – vir haarself en haar baba.

DIE REGTE STRYD

As ’ n ongewapend­e, hoogswange­r vrou in die greep van ’ n waansinnig­e moordenaar in ’ n afgeleë hut tydens ’ n storm, is Abby se grootste wapen haar verstand. “Ek het net gedink: wat sou ek gedoen het as hier ’ n beer by my was? Jy probeer jouself klein maak. En dan probeer jy hom nader en dan probeer jy terugtree en dis eintlik net ’ n dans wat jy uitvoer. En elke keer as Ben sy rug draai, soek Abby vir ’ n gaping, ’ n manier waarop sy kan uitkom,” onthul Kate. Dus, waneer Abby op Dinsdag 8 Januarie voorgee sy is die simpatieks­te vrou nóg terwyl Ben vertel hy het moord gepleeg uit liefde vir haar en nie uit jaloesie oor haar affair met Chad (Billy Flynn) nie, is dit Abby wat baklei. Maar wanneer die stres van voorgee te midde van Ben se wilde, wisselende buie Abby op Maandag 14 Januarie, in in vroeë kraam laat gaan, sal sy meer as haar verstand nodig hê – sy sal ’ n held nodig hê.

 ??  ?? BEDERFBROK­KIE! Abby se ontvoering gaan teen die einde van die maand daarop uitloop dat sy en Chad aan ’n brandende bed vasgeketti­ng word.
BEDERFBROK­KIE! Abby se ontvoering gaan teen die einde van die maand daarop uitloop dat sy en Chad aan ’n brandende bed vasgeketti­ng word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa