TV Plus (Afrikaans)

DIE DASMOORDEN­AAR

-

Die grootste oomblik in 2018 was toe die dasmoorden­aar Ben Weston (Robert Scott Wilson) sy beste vriend Will Horton (Guy Wilson) doodgemaak het net toe Will en sy man, Sonny (Freddie Smith), op die punt was om versoen te raak. Die moordtonel­e is uit die moordenaar se perspektie­f geskiet, so kykers kon duidelik Will se laaste, verskrikte oomblikke sien. Die begrafnis was ’n tranedal, al was dit wonderlik om weer ou gesigte in Salem te sien. Paige, die dasmoorden­aar se tweede slagoffer, se begrafnis op Dinsdag 27 November het almal simpatie laat voel teenoor haar ma, Eve. Ons moet erken ons mis Serena (Melissa Archer) wat eerste deur Ben vermoor is, nie veel nie.

WAT ONS IN 2019 WIL SIEN

Dis duidelik Days gaan nie vir Bo en Hope (Peter Reckell en Kristian Alfons so) ’n gelukkige einde gee nie. So s sonder om te loer na wat in Amerika a aan die gang is, aangesien ons ongeveer drie jaar agter hulle is met uitsending­s, sal ons graag w wil hê EJ moet terugkom d danksy Sami (Alison Sweeney) se pogings om hom weer in Salem te sien. Ons sal graag Will (die een gespeel deur Chandler Massey) uit die dood laat herrys en reguit i in Sonny se arms stuur. En dit sal w wonderlik wees as John en Paul (Drake Hogestyn en Christophe­r Sean) saam na John se “regte” ouers kan soek. Ons dink nie ons vra te veel nie!

 ??  ?? Ben se moord op Will was skokkend.
Ben se moord op Will was skokkend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa