TV Plus (Afrikaans)

Affairs om te vergeet

Salem-slagting, fetus-diefstal en sletklappe­ry het dit ’n jaar gemaak om te onthou.

-

Die jaar 2018 was vol gemengde gevoelens oor Days Of Our Lives. Benewens ’n paar hoogtepunt­e was die aksie maar bitter stadig. Dis nou tot in Oktober toe Days se nuwe skrywer ingeval het en daar ’n moordtog was in die aanloop tot die sepie se 50ste verjaardag. Hier is van ons onthouoomb­likke en wat ons graag in 2019 wil sien gebeur.

ONTVOER

Die gek Kristen (Eileen Davidson) het gewys sy is ’n ware DiMera en dat geen mediese wonderwerk buite haar bereik is nie. Sy het op Woensdag 10 Januarie Brady (Eric Martsolf) en Theresa (Jen Lilley) se ongebore baba uit Theresa se maag gesteel en toe later geboorte geskenk aan die kind in die DiMera-kasteel in Italië (dit was nie op die skerm te sien nie). Verskeie Salem-inwoners het in Junie op die kasteel toegesak en Kirsten het beveel hulle moet vermoor word, maar Marlena (Deidre Hall) wou persoonlik afreken met haar bitter vyand. Marlena het op Donderdag 28 Junie die oorhand oor Kristen gekry en haar by ’n kasteelven­ster uitgestamp.

KLAPPE UITGEDEEL

JJ (Casey Moss) en sy eksmeisie, Paige (True O’Brien), se ma Eve, (Kassie DePaiva), het wraakseks gehad. Eve is JJ se ma, Jennifer (Melissa Reeves), se hoërskool-vyand en hulle kon nie hul hande van mekaar afhou nie.

Die gewoonlik bedaarde ma, Jennifer, het op Maandag 7 Mei berserk geraak toe sy die twee midde-in ’n lakendans betrap en het Eve met ’n kussing probeer versmoor. Toe Paige die waarheid hoor, het sy op Vrydag 20 Julie ’n verjaardag­koek uit JJ se hande geklap, wat vir baie kykers ’n hoogtepunt was.

GEBROKE HARTE

Chad (Billy Flynn) en Abby (Kate Mansi) se rondroller­y in die DiMera-herehuis se roostuin op Donderdag 2 Augustus was baie romanties. Maar die volgende oggend het alle liefde verdamp. Abby het swanger geraak en Chad het haar hart gebreek toe hy vir haar sê sy oorlede broer EJ (James Scott) moes vir haar ’n paar bedtruuks geleer het. Chad het haar op Woensdag 8 Augustus eintlik aspris afgesê om haar te beskerm, want sy pa Stefano (Joseph Mascolo) het ’n ongesonde belangstel­ling in sy liefde vir Abby getoon. En ons weet jy vat nie kanse met Stefano nie.

 ??  ?? Chad en Abbie se passie het met hartseer en ’n baba geëindig.
Chad en Abbie se passie het met hartseer en ’n baba geëindig.
 ??  ??
 ??  ?? Paige konfrontee­r JJ oor sy affair.
Paige konfrontee­r JJ oor sy affair.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa