TV Plus (Afrikaans)

Appeltjie(s) te skil

Steffy verraai Liam om selfsugtig­e redes wanneer haar skuldige gewete haar pla en sy iemand nodig het om te blameer.

-

Min Forresters is so dominerend en intimidere­nd soos Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) en sy weier om verslaan te word sonder om haarself te verdedig. Vanaf Dinsdag 8 Januarie is sy aggressiew­er en voortvaren­der as gewoonlik teenoor haar man Liam (Scott Clifton). Jacqueline sê vir ons dis ’n verdedigin­gsmeganism­e: “Steffy se gewete ry haar. Sy is altyd in beheer, maar die afgelope tyd vreet iets haar aan die binnekant op.” En al sê sy dit nie reguit nie, hou Steffy Liam daarvoor verantwoor­delik. Hy het op Vrydag 21 Desember erken hy het haar sakevyand Sally

Spectra (Courtney Hope) middel Desember gesoen toe hulle vasgekeer was in die gebou wat Liam se pa, Bill (Don Diamont), pas opgeblaas het. Dus, volgens haar is alles Liam se skuld, daarom kan sy dit regverdig dat sy kortaf is met hom. “Steffy se woede laat haar vasgevang voel en laat haar ’n fout begaan. Sy het by Bill geslaap en moet nou met die wete saamleef,” verduide- lik Jacqueline.

Steffy is ’n volwassene wat self haar besluite neem, hoekom wys sy dan die vinger na Liam?

As hy Sally nie gesoen het nie, sou sy nooit by Bill geslaap het nie. Sy neem Liam kwalik vir die “misstap”. Kykers moet onthou toe Liam Steffy vertel het wat [met Sally] gebeur het, het sy verraai en seergemaak gevoel en was vol blinde woede. Die rooikop [Sally] is werklik Steffy se grootste vyand!

Hoe lank gaan hy haar aanval verduur?

Liam probeer haar paai. Hy versag haar uitbarstin­gs deur te erken dit was sy fout. Hy kruip vir vergifnis, en sê vir Steffy hy verdien dit nie, want hy het haar verraai. Sy weet wat sy doen is verkeerd, maar sy het ’n donkerder geheim [sy het by sy pa geslaap] waarvan Liam nie mag uitvind nie.

Hoe gaan dit hul huwelik raak wanneer dit uitkom?

Liam is ’n toegewyde man en ja, hy het Sally gesoen, maar sal hy die verraad van sy vrou en pa oorleef? Ek is nie so seker nie. Al haal Steffy haar frustrasie­s op Liam uit is sy desperaat om haar fout van Liam te weerhou. Sy wil hom nie met die geheim opsaal nie. • Bold word op 3, 4, 7, 11, 14 en 15 Januarie deur krieketuit­sendings vervang.

 ??  ?? Liam laat Steffy teen hom uitvaar net omdat hy nie van haar groot seksgeheim weet nie.
Liam laat Steffy teen hom uitvaar net omdat hy nie van haar groot seksgeheim weet nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa