TV Plus (Afrikaans)

Leuens en verneukery

Stomende affairs, poging tot moord, magstryde en kosgevegte het in 2018 vir heerlike kykgenot gesorg.

-

Die Forresters het ’n moeilike jaar agter die rug, veral in hul raadsaal. Familievet­es om die beheer van Forrester Creations het hulle amper uitmekaarg­eskeur toe ’n siek en swak Eric (John McCook) Steffy (Jacqueline MacInnes Wood) op Maandag 15 Januarie 2018 tot uitvoerend­e hoof bevorder het. Dit was nie net om reg en orde in hul familiebes­igheid te handhaaf nie: Eric wou Steffy en Wyatt (Darin Brooks) herenig terwyl sy nog na haar eksman en Wyatt se broer Liam (Scott Clifton) gehunker het. Ons het ons naaimasjie­n geneem en die koelste, gekste en katterigst­e Bold- oomblikke van die jaar aanmekaarg­estik, met ’n voorsmakie van wat ons dink in 2019 gaan gebeur.

KOEKOES QUINN

Eric se gek nuwe vrou Quinn (Rena Sofer) het nie gehou van sy band met hul buurvrou Katie (Heather Tom) nie, veral ná sy op Maandag 8 Januarie gesien het Eric gee Katie ’n vriendelik­e pikkie op die wang. Soos ’n bekruiperl­uiperd het Quinn gewag vir die regte tyd om aan te val en sy het Katie bloeiend op die vloer gelos ná sy haar met ’n swaar kandelaar bygekom het. Dit het geblyk dit was niks meer as Quinn se verbeeldin­g nie, maar die woede op Donderdag 15 November was eg toe Quinn uitvind Katie slaap by haar Wyatt, wat Katie se stiefseun was terwyl sy en Bill (Don Diamont) getroud was.

STOOMKONIN­GIN

Quinn was self nie onskuldig nie – sy het vryerig geraak met haar stiefseun Ridge (Thorsten Kaye) op Dinsdag 23 Januarie nadat hulle in die sauna met mekaar geflirt het. Selfs nig Ivy (Ashleigh Brewer) wat op Vrydag 23 Februarie van hul geheim uitgevind het kon hulle nie van mekaar weghou nie. Wat hulle wel gekeer het, was die terugkeer van Bold se wreedste skurk Sheila Carter (Kimberlin Brown), wat die paar op Maandag 6 Augustus verklik het in ’n poging om Eric by Quinn af te rokkel.

HERLEWING EN TERUGKEER

Die Forresters het al jare lank mededinger­s in die modewêreld, dus wie beter is daar om Eric te irriteer as sy opponente die Spectras? Hulle het op Dinsdag 6 Maart teruggekee­r met Sally jr. (Courtney Hope) en haar span wat oorgehaal was om hul beste voetjie voor te sit. Nie dat hulle ’n goeie rede nodig gehad het om te baklei nie – Nicole en Zende (Reign Edwards en Rome Flynn) se troue op Woensdag 21 Maart het geëindig met Steffy en Sally wat mekaar se gesigte met ’n koek besmeer, sommer net.

Nicole en Zende se verbinteni­s was die enigste gelukkige een van die jaar. Die ander wat beloftes afgelê het, het ’n moeilike tyd beleef, soos Liam en Steffy wat Australië toe is en op Woensdag 25 April getroud is. Die jaar het geëindig met Liam wat Sally soen toe hulle dink hulle is dood en begrawe (sien bl. 34), en Steffy het by haar skoonpa Bill geslaap het. Die Australië-uitstappie was ook slegte nuus vir Brooke (Katherine Kelly Lang) – sy het uitgevind haar verloofde Ridge het by sy stiefma geslaap en dit was hul einde. Brooke en Bill het dit tot voor die kansel gemaak op Woensdag 20 Junie, maar sy het haar ring teruggegee nadat sy in Oktober van Bill se verraad uitgevind het.

BILL DIE BOELIE

Bill Spencer is stellig die wreedste sepiekarak­ter op die kassie. Niks is te vergesog nie – hy het in Desember byna sy seun Liam opgeblaas, want hy wou ’n wolkekrabb­er bou waar die Spectra-kantore gestaan het. Hy het in Maart Spectra se modeskou gesaboteer, hul gebou in September aan die brand gesteek en toe by Steffy geslaap.

WAT ONS IN 2019 WIL HÊ

Sal dit nie gaaf wees as van die 2018- geheime uitglip nie? Soos Steffy wat uitvind sy’s swanger maar nie weet wie die pa is nie: haar man Liam of sy pa, Bill? En moenie vergeet Thorne (Ingo Rademacher) is terug nie – wat kans sien vir sibbewedyw­ering met sy halfbroer Ridge – en nie net by die werkplek nie.

 ??  ?? Quinn sou graag die kans wou hê om Katie regtig oor die kop te moker.
Quinn sou graag die kans wou hê om Katie regtig oor die kop te moker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa