TV Plus (Afrikaans)

Maak jouself tuis by Die Fransen

Hotel is terug met skreeusnaa­kse stories, kinkels en nuwe gesigte.

-

Seisoen 3 Maandae kykNET (*144) 20:30 (begin 7 Januarie)

Die Fransen-hotel se personeell­ede is weer op hul pos en gereed om kykers te verwelkom met ’n derde seisoen van die komedieree­ks Hotel (2016-nou). Dinge het amper lelik skeef geloop aan die einde van seisoen 2 (Desember 2017) toe Die Fransen se bestuurder, Ferdie (James Borthwick), met Thomas (Beer Adriaanse), mede- eienaar van die Hotel, se ma Koba (Rika Sennett) getrou het. “Thomas was nie gelukkig met die huwelik nie, maar het vir eers vrede gemaak daarmee,” sê Beer.

NUWE GESIGTE

Bennie Fourie is vir verskeie aspekte agter die skerms betrokke. Hy is die medeskeppe­r saam met akteur Stiaan Smith (Jurie in Phil 101, 2017-nou), hy behartig die regie, en het 4 van die 13 episodes geskryf. Hy sê tot dusver is seisoen 3 sy gunsteling. “Ons het besluit om ons voet van die briek af te haal en storielyne te skryf wat vir groot manewales gaan sorg, en daar is nuwe gaskunsten­aars wat kom inloer [sien kassie onder].”

LIEFDES

Simoné Nortmann, wat die rol van die ontvangsda­me Jony speel, sê daar is geen ander projek wat haar so opgewonde maak soos Hotel nie. “Wanneer Ferdie besluit om vir burgemeest­er te staan [in episode 2, 14 Januarie] praat Jony hom moed in en ondersteun hom van die kantlyn af,” verklap sy.

Ná seisoen 2 se kinkels en liefdesdra­ma tussen Jony, Thomas en die boer

Jaap (De Klerk Oelofse), besluit sy om eers haar hart te beskerm. “Jaap brand wel nog vir haar ’n kersie, maar sy gee hom die koue skouer en vorm ’n opregte vriendskap met Thomas.”

Die portier Danny (Schalk Bezuidenho­ut) en kelnerin Malanie (Mila Guy) het in seisoen 2 ’n paartjie geword, en Schalk sê hul liefde blom steeds. “Hulle kan nie genoeg van mekaar kry nie, en Danny gaan ook weer sorg vir lekker lawwigheid met sy beheptheid met die sepie Binnelande­rs.”

Meer wil Schalk nie sê nie, maar Bennie verklap Danny beoog om ’n soort toneelstuk aanmekaar te slaan wat op die sepie gegrond is.

 ??  ?? Brenda (inlas) by die res van die Hotel-personeel, van links, Thomas, Malanie, Jony en Danny.
Brenda (inlas) by die res van die Hotel-personeel, van links, Thomas, Malanie, Jony en Danny.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa