TV Plus (Afrikaans)

Met die maan gepla

Eksentriek­e karakters sorg vir boeiende intriges.

-

Elke dorpie het ’n aantal eienaardig­e inwoners en die klein fiktiewe dorpie Maanhaarsd­rif in die NoordKaroo is geen uitsonderi­ng nie. Maar daar’s meer aan die dorpie as sonderling­e, geheimsinn­ige karakters – die inwoners het ’n inherente fiksasie met sterrekyk en die sterrewag buite die dorp het die afgelope jare die hoofbron van inkomste geword. Boonop skuil daar geraamtes in elkeen se kas wat mettertyd te voorskyn kom. En een ding is seker – die stilte in Maanhaarsd­rif kan nie vertrou word nie.

GROOT INSPIRASIE

Dwaalster kom uit die pen van Nicola Hanekom (Sanel, Sara Se Geheim, 2017 & 2018), die bekroonde regisseur, aktrise, vervaardig­er en dramaturg. “Die saadjie vir Dwaalster is 15 jaar gelede geplant toe ek in die Hoeko-vallei by Ladismith in die Kaap was,” vertel Nicola. “Magiese stories is so deel van die omgewing en ek het toe gedink dit kan ’n aangrypend­e tema vir ’n reeks wees.”

Nicola het besluit om ’n fiktiewe dorpie as die basis vir die storie te gebruik. “’n Denkbeeldi­ge dorpie gee jou net meer vryheid, want enigiets kan daar gebeur,” sê sy.

Dwaalster is nie op ’n spesifieke Karoo-dorp verfilm nie, maar op verskeie dorpe in die Wes-Kaap met baie elemente van die Karoo.

SKRYFPROSE­S EN TEMAS

Wanneer Nicola karakters skep, delf sy in haar eie siel en gebruik hier en daar karaktertr­ekke van mense wat sy ken. “Kom ons sê dis die waarheid, maar ek lieg so ’n bietjie by,” vertel sy. Die een karakter, Bliksem (Carel Nel), is byvoorbeel­d gegrond op ’n ou wat in die Hel in Gamkaskloo­f in die Karoo woon.

Sy skryf karakters makliker wanneer sy ’n spesifieke akteur wat die karakter moontlik kan vertolk, in haar kop het. “Toe ek die karakter Frans geskryf het, was Albert Maritz in my gedagtes en gelukkig was hy beskikbaar vir die verfilming,” vertel sy.

Soms leen sy ook van haar vorige karakters wat sy vir die verhoog geskryf het, bieg sy. “Die dowe kelnerin Gina, wat deur Tarryn Wyngaard gespeel word, het ek op ’n dowe karakter in my verhoogpro­duksie Betésda (2009) gegrond.” Volgens Nicola is dit sover sy weet die eerste vir plaaslike TV – ’n dowe karakter wat liplees en in gebaretaal praat.

Nicola voeg by Dwaalster is ’n besonderse reeks wat nog nie op eie bodem vervaardig is nie. “Dit is magiese realisme, verweef met komiese oomblikke sowel as intense drama. Dwaalster beeld ook verskeie onderligge­nde temas uit wat wissel van integrasie, liefde oor die kleurgrens heen, homoseksua­liteit asook kontrovers­iële kwessies soos hidrobreki­ng in die Karoo.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa