TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

-

Weekdae kykNET (*144) 18:30 Sepie Pastoor Ronald (Ivan Abrahams) se toestand verswak. Die alzheimers eis sy tol en tyd saam sy geliefdes raak min. Ronald se grootste begeerte is om met sy vervreemde dogter, Rebecca (Zenobia Kloppers), versoen te raak en op Donderdag 3 Januarie daag sy juis onverwags in Ruiterbosc­h op.

LANKAL AFGESKRYF

Ronald en Rebecca het jare laas met mekaar gesels weens ’n groot uitval toe Rebecca swanger raak met haar seun Siya (Gantane Kusch). Dit was in die apartheids­jare en die pa was van ’n ander ras. Met Ronald se alzheimerd­iagnose in Oktober verlede jaar het hy probeer uitreik na Rebecca, maar sy wou nie sy oproepe ontvang nie.

“Haar kuiertjie in Ruiterbosc­h is net omdat sy ’n kompetisie gewen het en Kaap toe kon kom, en sy het besluit om langer te bly om haar seun te sien.” Op Vrydag 4 Januarie kuier Siya en sy ma, maar Rebecca is omgekrap wanneer Siya hul kuiertjie kortknip om by Ronald te gaan inloer. “Sy hou nie daarvan dat Siya en sy oupa so na aan mekaar geraak het nie,” sê Zenobia.

KYK MET NUWE OË

Wanneer Rebecca uiteindeli­k by Siya van Ronald se alzheimers hoor, weet sy nie hoe om dit te hanteer nie. “Sy ervaar heelwat emosies, want skielik moet sy met nuwe oë na haar pa kyk,” vertel Zenobia. Ronald is verheug om op Dinsdag 8 Januarie te hoor Rebecca is in Ruiterbosc­h. Hy probeer weer na haar uitreik, maar sy wil steeds niks met hom te doen hê nie. Ons wonder of Rebecca se hart ooit teenoor haar pa gaan versag, en intussen raak Ronald se tyd min. • Lees meer op ble. 14-15.

 ??  ?? Siya (inlas) en sy ma, Rebecca.
Siya (inlas) en sy ma, Rebecca.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa