TV Plus (Afrikaans)

Guys With Kids

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

Jamie-Lynn Sigler het haar rol as die ma Emily in Guys With Kids (2012-2013) met albei hande aangegryp, want dit was ’n afwisselin­g van haar roetine. “Tot vandag noem mense in die straat my Meadow van die mafia-dramareeks The Sopranos (1999-2007). Dis wonderlik dat daar nog sulke lojale fans is, maar dit was een rol. Vir my moet my loopbaan oor meer gaan as ek myself suksesvol wil noem,” sê Jamie- Lynn.

1 Sy was 15 toe sy by The Sopranos aansluit en sê die storielyne het haar meer verras as die produksie se grootte, en erken “ek het waarskynli­k met van die mense [mobsters] gemeng en dit nie besef nie. Hulle is normale ouens wat voor die plaaslike deli sit. Dis gek!” 2 Ondanks haar Mediterree­nse voorkoms is Jamie-Lynn nie Italiaans nie. Sy’s Grieks-Joods van haar pa se kant en 3 Kubaans van haar ma se kant. Sy het in 1999 ’n eetsteurni­s gehad en in 2000 was haar onderlyf ’n week lank verlam ná ’n bosluis haar gebyt en Lyme-siekte by haar veroorsaak het. Sy het ook 15 jaar lank aan veelvuldig­e sklerose gely, wat haar brein en rugmurg aangetas het. 4 Die aktrise is getroud met die bofbalspel­er Cutter Dykstra, wat die ideale skoonseun is, sê Jamie: “My pa, Steve, het sy lewe lank bofbal gespeel en die Men’s Senior Baseball League gestig. Nou kan hy profession­ele wedstryde bywoon en al die spelers ontmoet.” 5 Al meen Jamie-Lynn haar 2001popalb­um, Here To Heaven, was een van die slegste loopbaanbe­sluite weens die swak ontvangs, was die sing van die VSA- en Kanadese volkslied by ’n 2002-yshokkiewe­dstryd een van haar trotsste oomblikke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa