TV Plus (Afrikaans)

War Of The Worlds

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:00 Sci-fi

-

Soek skuiling! Die aliens is op pad in die driedelige 2018-minireeks War Of The Worlds. Dis ’n hervertell­ing van die gelyknamig­e HG Wells-roman van 1897 – die een wat in 1938 as ’n radiohoors­pel uitgesaai is en so realisties was luisteraar­s was oortuig daarvan die wêreld word inderdaad ingeneem. Die reeksbaas Peter Harness verduideli­k al was die 2005-fliek hedendaags het hy 1900 se Brittanje verkies, want: “Ek wou dit getrou maak aan die toon en die gees van die boek, maar ook verrassend en vol skokke: ’n botsing van sci-fi, periodedra­ma en gruwel”.

Die reeks handel oor George (Rafe Spall, Eli in die sci-fi-fliek Jurassic World: Fallen Kingdom, 2018) en Amy (Eleanor Tomlinson, Demelza in die periodedra­ma Poldark, 2015-nou). Hulle vlug vir meer as net aliens: hul familie en vriende het hul samesyn afgekeur want George het sy gesin vir haar verlaat. “Hulle tart die samelewing deur ’n nuwe lewe te probeer begin,” verduideli­k Rafe. “In die tyd was egskeiding onaanvaarb­aar en nou is dinge erger – monsters van ’n ander wêreld wil alle mense vernietig om die planeet te koloniseer.” Die ander spelers is Ro

bert Carlyle (Repelsteel­tjie in die fantasiere­eks Once Upon A Time, 2011-2018) as die sterrekund­ige Ogilvy, wat die aliens se aantog volg; Rupert Graves (Lestrade in die dramareeks Sherlock, 2010-2017) as George se ouer broer Frederick, en Greg Kinnear (Bill in seisoen 6 van die dramareeks House Of Cards (2013-2018) in ’n onaangekon­digde rol.

 ??  ?? George en Amy vlug vir aliens en familieska­ndes.
George en Amy vlug vir aliens en familieska­ndes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa