TV Plus (Afrikaans)

Wraak My Mooi

Seisoen 1 VIA (*147) 19:30 Realiteit

-

’n Nuwe transforma­siereeks begin Woensdag 9 Januarie. Wraak My Mooi (2019-nou) is ’n program gegrond op die webreeks Revenge Makeover SA (2017nou) van 5 minute waarin deelnemers ten volle opgekikker word, van klere, gesig tot tande. Wraak My Mooi volg dieselfde konsep, maar in ’n halfuur lange formaat. “Met Wraak My Mooi het ons die geleenthei­d gekry om die vaardighed­e van ons kundiges te wys en ons kan die deelnemers vergesel op die reis van hul transforma­sie,” sê die reeksverva­ardiger Nicole Bailey.

Vertel ons meer van die kenners in die reeks?

Met The Cosmetic And Dental Emporium in Bryanston, Johannesbu­rg, se samewerkin­g neem die volgende kenners deel aan die reeks: Zak Schabort, ’n tandarts wat in nie-indringend­e gesigseste­tiese prosedures spesialise­er, Wim de Beer, ’n tandheelku­ndige chirurg wat in laser- en rekonstruk­tiewe behandelin­g spesialise­er, Braam Wahl, ’n tandtegnol­oog en eienaar van Wahl Dental Ceramics in Kaapstad, Jeanne-Mari Geldenhuys, ’n skoonheids­kundige en Tiaan Schutte, ’n mode-ontwerper en stilis. Hoeveel inskrywing­s het julle vir die reeks ontvang? Ons het meer as 1 000 inskrywing­s gekry waaruit ons 13 deelnemers landwyd gekies het. Die deelnemers is spesifiek gekies oor hoe hul tande lyk en dit hul lewens beïnvloed. Hoe verskil die reeks van ander transforma­sie-programme soos Mooimaak (2017-nou) en Glam Guru (2008-nou)? Wraak My Mooi is uniek in die sin dat ons nie soos met Glam Guru net op grimering toegespits is nie. Ons moedig lewensvatb­are transforma­sie aan wat op lang termyn hul lewe verbeter. En ons gebruik die modernste tegnologie in die proses.

 ??  ?? Die kenners is, van links, Tiaan (inlas), Braam, Wim, Zak en Jeanne-Mari.
Die kenners is, van links, Tiaan (inlas), Braam, Wim, Zak en Jeanne-Mari.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa