TV Plus (Afrikaans)

Hawaii Five-0

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Daniel Dae Kim se speurder-karakter Chin Ho Kelly in die aksiereeks Hawaii Five- 0 (2010-nou) doen dinge volgens die reëls en dis een van die redes hoekom Dan die rol wou hê. Hy was ook ’n aanhanger van die oorspronkl­ike reeks wat van 1968 tot 1980 uitgesaai is en sê om in Hawaii te werk is “omtrent die coolste ding wat ’n akteur kan doen. Die strand is op jou agterstoep.”

Hy kom van Suid-Korea en was net ’n jaar oud toe hulle in 1969 Amerika toe getrek het. Sy dokter-pa Doo Tae het ’n pos by ’n New Yorkse hospitaal aanvaar. Later het hulle na Bethlehem, Pennsilvan­ië, getrek. Daniel het dadelik LA toe getrek nadat hy in 1996 aan die New York-universite­it in toneelspel gegradueer het, maar het net deeltydse rolle gekry tot 2004 tot hy die rol van Jin-Soo in Lost (2004-2010) losgeslaan het. Sy vrou Mia en seuns Zander en Jackson het in 2009 Hawaii toe getrek, onwetend Lost sou die volgende jaar eindig. “Ons het nooit daaraan gedink om weer LA toe te trek nie, en gelukkig was dit nie nodig met Five- 0 nie,” sê hy. Hy en sy medester

Grace Park (Officer Kono) het aan die einde van seisoen 7 (2017) bedank omdat daar nie aan hul salarisver­eistes voldoen is nie. Hulle wou ook R2,8 miljoen per episode hê soos die hoofspeler Alex O’Loughlin (Steve McGarrett). Dan werk ook agter die skerms. Hy besit die produksieh­uis 3AD wat die mediese dramareeks The Good Doctor (2017-nou) vervaardig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa