TV Plus (Afrikaans)

A Million Little Things

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Ron Livingston lyk na ’n gewone ou, maar in die dramareeks A Million Little Things (2018-nou) is hy allesbehal­we gemiddeld. Sy karakter Jon se selfdood in die eerste episode is die dryfveer agter die reeks wat Ron sê die samelewing moet laat wakker skrik oor die toenemende selfdoodsy­fer. “Ons moet bedagsamer wees teenoor mense, vir hulle sorg en herinner hulle kan hulp kry,” sê die 51-jarige akteur.

Hy gee nie om “om die ou te wees wat jy herken maar nie kan plaas nie” en sê hy het bedenklike rolle aanvaar om die huur te betaal. Hy was in baie reekse soos JAG (1995-2003), Band Of Brothers (2001), The Practice (1997-2003) en Boardwalk Empire (20102014) .

V isT’n familiebes­igheid – sy jonger broer is ’n akteur en ouer suster en swaer is nuuslesers in Wisconsin. Ron se ma, Linda, is ’n pastoor in Iowa en sy pa Kurt is ’n ruimtevaar­t-ingenieur. Ron het as die losprysond­erhandelaa­r Matt Flannery in die polisiedra­ma Standoff (2006-2007) meer as ’n salaris gekry: hy het ook sy vrou gekry. Hy en sy medester

Rosemarie DeWitt (Emily) is in 2009 getroud en het hul dogters Gracie James (5) en Esperanza Mae (3) in 2013 en 2016 aangeneem. Hy skerts en sê hy is aan sy ma se rokspante vas en het sy loopbaan in Chicago begin “omdat dit net ’n busrit van sy ma af was”. Met baie flopreekse agter sy naam, is hy pragmaties oor werk. “Die ergste wat kan gebeur is dat jy afgedank word. Hulle kan nie jou duime afsny nie, dis nie die Mafia nie.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa