TV Plus (Afrikaans)

This Is Us

Seisoen 3 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

“Om die sexy ou op stel te wees is goor!” sê Jason Hartley, wat die rol van Kevin Pearson, een van ’n drieling, in die dramareeks This Is Us (2017-nou) vertolk. “Mense kyk na jou uiterlike en dink jy het die werk gekry oor jou sespak, jou prominente kakebeen, jou perfekte glimlag. Ek wil net erkenning kry vir my toneelspel. Ek kan nie help dat ek so goed lyk nie, kan ek?”

Die 41-jarige het begin toneelspee­l om die meisies op hoërskool te beïndruk. Dit het hom ook sy eerste vrou besorg. Justin en Lindsay Korman is in Mei 2004 getroud nadat hulle van 2002 tot 2006 saam in die sepie Passions (1999-2008) gespeel het – sy was Theresa en Justin was Nicholas Crane. Hulle is ná die geboorte van hul dogter (Isabella, 14) in 2012 geskei weens onversoenb­are verskille. Justin in 2017 met

Chrishell Stause (Jordan in Days Of Our Lives, 1967nou) getroud. Hy het op skool basketbal, bofbal en sokker gespeel maar sê al oefening wat hy deesdae kry, is om agter sy beagle-terrier aan te hardloop. Justin was die eerste Green Arrowkarak­ter, wat hy in seisoene 6-10 van die sci-fi-reeks Smallville (20012011) vertolk het. Hy het oorweeg om ’n oudisie vir die huidige Arrow-reeks (2012-nou) te doen, maar erken hy sou nie met Stephen Amell kon meeding nie. ’n Baardknipp­er help hom om altyd op sy beste te lyk, maar sy geheim is: “Ek skeer twee keer per dag: om 08:00 en weer om 20:00,” sê Justin.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa