TV Plus (Afrikaans)

Jay Leno’s Garage

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:30 Realiteit

-

Jay Leno is bekend om sy ken, sy werk as aanbieder van The Tonight Show van 1992 tot 2014 en sy liefde vir motors. Nadat hy die kletsprogr­am verlaat het, het hy laasgenoem­de twee gekombinee­r en vorendag gekom met Jay Leno’s Garage (2015-nou). “Ek word betaal om te doen waarvoor ek lief is, bestuur! Dis lekker om op TV te wees, maar motorTV is nóg beter,” sê Jay met ’n glimlag.

Van 2006 tot 2014, was die reeks ’n stokperdji­e wat Jay aanlyn gedoen het – ’n webreeks wat aan sommige van sy 300 persoonlik­e motors toegewy is. Jay het in 2014 ingestem om ’n spesiale episode vir die besigheids­kanaal CNBC te maak wat kyksyfers met meer as ’n miljoen laat opskiet het, “wat ongehoord is vir TV. Ons moes ’n TVreeks kry gegrond op die syfers alleen,” sê die 68-jarige Jay. Die Big Dog Garage in die reeks is Jay se werklike garage waar hy meer as die helfte van sy versamelin­g bewaar, wat meer as $50 miljoen (R700 miljoen) werd is. Dis in Los Angeles en hoewel dit nie vir die publiek oop is nie, kan jy ’n private toer bespreek. Jay woon in New York maar vlieg na Los Angles vir ’n maand om elke seisoen te verfilm. Hy plaas ’n derde van sy motors in bewaring sodat die filmspanne beweegruim­te in sy garage het. Die reeks word geheel digitaal geskiet en hulle gebruik 20 GoProaksie­kameras op die motors wanneer hulle tydens verfilming in LA rondry. Jay Leno’s Garage het in 2016 die Primetime Emmy for Outstandin­g Special Class Short-Format Non-fiction gewen – dit is Jay se gunsteling-TV-prys. Die aanbieder se versekerin­g verdubbel tydens verfilming al bestuur Jay al langer as 50 jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa