TV Plus (Afrikaans)

Jeannie D

Wat gaan aan in jou gunsteling-aktrise se kop?

-

Die borrelende kontinuïte­itsaankond­iger en TV-aanbieder Jeannie D (oftewel Jeannie de Gouveia) is al jare lank by die moderne leefstylre­eks Top Billing (1996-nou) en al laat sy die werk maklik lyk, verklap die 30-plusser dis baie moeiliker as wat ons dink en dat doen-dit weer-opnames altyd help. “O, daar was baie knypjousel­f-oomblikke en ’n gelag [gedurende verfilming]. Ek het ’n geheuebank vol daarvan – ek skat ek sal in ’n stadium ’n boek moet skryf. Met regstreeks­e TV moet jy kalm raak, dit toesmeer en regstel so eerlik en nederig as wat jy kan – die dinge gebeur.” Wanneer Jeannie nie plaaslik of elders in die wêreld rondrits nie of besig is met haar ander werk (onder meer as radio-DJ, seremoniem­eester en handelsmer­kambassade­ur), hou Jeannie van TV, of dit op of daarvoor is . . . Wat was die eerste TV-program wat jy vir pret saam met jou maats gespeel het? Die animasie-tekenreeks The Flintstone­s (1960-nou).

Wie was jou eerste TV-liefling? Luke Perry – hy het Dylan McKay in die tienerdram­areeks Beverly Hills, 90210 (1990-2000) gespeel en is tans Fred Andrews in die dramareeks Riverdale (2017-nou). Wat het jy gedoen wanneer ’n “intieme” oomblik opgeduik het terwyl jy saam met jou gesin TV-gekyk het? Ek het gevries. Ek het letterlik nie ’n spier verroer nie – of my oë geknip nie. Watter produk wou jy hê sedert jy dit op die kassie gesien

het? Een van daardie skeerkussi­ngrollers [hoverboard­s] wat Michael J. Fox se karakter Marty McFly in die sci-fifliek Back To The Future 2 (1989) gebruik het.

Wie se klerekas op TV sou jy wou hê? Lady Gaga s’n van toe sy The Countess gespeel het in seisoen 5 (2015) van die gruwelanto­logiereeks American Horror Story (2011-nou). In wie se TV-huis sou jy graag wou woon? Uiteraard in ’n paar van die huise wat ons in Top Billing getoon het.

Oor watter reeks is jy tans fanaties? Die epiese fantasiere­eks Game Of Thrones (2011-nou), die historiese dramareeks Vikings (2013-nou) en die periodedra­mareeks The Crown (2016-nou). Watter werk sou jy agter die skerms wou doen en hoekom? Dié van rolverdeli­ngsregisse­ur, want dis boeiend om te sien hoe talentvoll­e mense met soveel oortuiging in hul rol verander . . . of ek sou klankbane wou kies vir flieks of TV-reekse. Wat is een van jou gunsteling-storielynk­inkels in ’n reeks? In Game Of Thrones seisoen 6 episode 2 (2016) waar Jon Snow (Kit Harington) na die lewe teruggebri­ng word!

Watter karakter is jou gunsteling­held? Die Noorse kryger Bjorn Ironside (Alexander Ludwig) in Vikings. Ek kan heeldag na hom kyk. Wat’s jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel skiet? Om ’n tegniese fout op die rooitapyt te beleef oomblikke voor ’n kans-van-’n-leeftyd- onderhoud. Met al die nuwe weergawes deesdae, watter reeks sou jy wou oormaak en deel wees daarvan? Die oorlede sjef en joernalis Anthony Bourdain se reiskokree­kse Parts Unknown (2013-2018). As jy enige karakter in enige reeks kon speel, wie sou dit wees en hoekom? Ek in my ander realiteits­reeks Top Travel (2011-2016) – dis die heel beste tot nog toe! Watter reeks en episode het jou onlangs laat huil? Elke enkele episode van die dramareeks This Is Us (2016-nou). Jou gunsteling-TV-ikoon is? Die kletsprogr­amaanbiede­r Oprah Winfrey, sjef Anthony Bourdain en die natuurkenn­er sir David Attenborou­gh.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa