TERGENDE VRAAG!

Hou iets an­ders as jou guns­te­lin­g­reeks jou snags wak­ker? Ons is hier om jou TV-pro­ble­me op te los.

TV Plus (Afrikaans) - - MOENIE MIS NIE -

Hoe­kom is die ka­naal­ont­vangs so sleg in som­mi­ge ge­bie­de en net vir se­ke­re ka­na­le? – De­lia via Fa­ce­book Dit is weens die spek­trum van die uit­sen­dings wat die te­le­kom­mu­ni­ka­sie­be­dryf tans ge­bruik. Die oud­mo­die­se a­na­loog­stel­sel is vrees­lik be­perk wat be­tref die reik­wyd­te van be­paal­de fre­kwen­sies, wat dan die sein­ge­hal­te be­na­deel. Ál wat jy nou kan doen is om ’n sa­tel­liet­skot­tel en ’n de­ko­deer­der te kry – of om op e­ni­ge van DStv se pak­ket­te in te te­ken, of op O­pen­view, wat SABC1-3, e.tv en ’n aan­tal an­der ka­na­le gra­tis aan­bied ( jy be­taal vir die aan­vank­li­ke skot­tel, de­ko­deer­der en in­stal­la­sie – daar is geen maan­de­lik­se gel­de nie). Die goeie nuus is die sein­pro­bleem sal ver­dwyn wan­neer Suid-A­fri­ka na die di­gi­ta­le sein­plat­form mi­greer. Die s­leg­te nuus is ons sou al in 2010 mi­greer en daar is steeds on­se­ker­heid oor wan­neer dit gaan ge­beur, en wat­ter teg­no­lo­gie ver­eis sal word, want jou ou TV sal ’n de­ko­deer­der no­dig hê om die sein op te vang, of ’n nu­we TV. – Lu­cia (re­dak­teur).

Jy kan ook jou tergende vrae SMS na 35982 of s­tuur vir my ’n e-pos na lu­[email protected]­dia24.com.

Om in te ska­kel vir se­pies soos Bold is soms on­moont­lik weens ’n swak sein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.