TV Plus (Afrikaans)

Net die beste!

Daar is 2019 redes hoekom Showmax vanjaar op jou moethê-lysie moet wees.

-

2019 beloof romanse, drama, aksie, opwinding en hope avontuur. Dis ’n verkiesing­sjaar en ons stem vir meer TV op ons eie voorwaarde­s – wat ons wil sien, wanneer ons dit wil kyk en soveel moontlik episodes en flieks om te vraatkyk as wat ons moontlik kan. Die stroomdien­s Showmax wen dus ons kruisie en sy eerste kwartaal is propvol eksklusiew­e plaaslike produksies, reekse wat vir die eerste keer te sien is en episodes om te kyk direk nadat dit op TV uitgesaai is. Hier is van die hoogtepunt­e om jou kyklus aan te wakker.

SHOWMAX EKSKLUSIEF

Die reeks Sally4Ever (2018-nou) uit die pen van die Britse draaiboeks­kepper Julia Davis (sy het ook Camping, 2016, gemaak) spog met sterre soos Julian Barratt (Howard in The Mighty Boosh, 2003-2007) en Mark Gatiss (Mycroft in Sherlock, 2010-nou).

Dis ’n komedie oor verskrikli­ke mense wat kykers meesleur in die ontsettend­e teenspoed in die lewe van die kantoorsla­af Sally (Catherine Shepherd). Sy is verloof aan haar langtermyn­kêrel David (Alex Macqueen), ’n vaal, bleskop-mannetjie. Maar dan raak Sally halsoorkop verlief op Emma (Julia Davis), wat alles verwoes waarmee sy in aanraking kom. Dis kranksinni­g en laat die kollig val op liggaamlik­e glipsies wat gewoonlik verdoesel word.

Kyk dit saam met ’n vriend wat die gruwelike gebeure met jou kan deel en saam kan ril oor wat julle sien. En moenie vergeet om te lag nie – dit gebeur darem nie met jou nie!

 ??  ?? Sally is vasgevang tussen haar aweregse kêrel en haar nuwe vriendin Emma.
Sally is vasgevang tussen haar aweregse kêrel en haar nuwe vriendin Emma.
 ??  ?? Lena Headey (Cersei in Game Of Thrones) het ’n kameerol in Sally4Ever en werk in ’n bakkery.
Lena Headey (Cersei in Game Of Thrones) het ’n kameerol in Sally4Ever en werk in ’n bakkery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa