TV Plus (Afrikaans)

Onderwys 101

In die dramareeks Rise van 10 episodes word nie net ’n hoërskool-musiekprog­ram gered nie, dit gee kinders ook hoop sodat hulle na die sterre kan reik.

-

Geniet gerus die oulike musieknomm­ers en dansery op die verhoog in Rise (2017, soek dit op die stroomdien­s Showmax se katalogus). Dit is waaroor die reeks handel – opvoerings. Maar Stanton High se onderwyser vir drama en Engels, Lou Mazzuchell­i (Josh Radnor, Ted in die komedieree­ks How I Met Your Mother, 2004-2015) wil ons ’n baie dieper les leer. Hy wil sy studente inspireer om groot te droom en daardie doelwitte te bereik met ’n bietjie hulp van sy geheime wapen: die skool se departemen­t vir teater en verhoogopt­rede. Dis egter nie ál storie van inspirasie in die reeks nie.

Rise is gegrond op Michael Sokolove se blitsverko­per-roman van 2013 Drama High. Dis ’n biografies­e verhaal van die drama-onderwyser Lou Volpe, wat langer as 40 jaar Engels en drama aan ’n hoërskool op ’n dorpie in Pennsilvan­ië onderrig het. Deur verhoogdra­mas te gebruik het Lou sy studente laat uitstyg om hul Godgegewe talente ten beste te benut. “Ons het Drama High as inspirasie gebruik en ek het regtig gevoel ek moet dit soort van my eie storie maak,” verduideli­k Rise se skepper, Jason Katims. Daar’s meer drama as net Lou wat probeer om die kinders in sy verhoogpro­duksie te kry. Hy kry teenstand van die ander onderwyser­s, veral Tracey Wolfe (Rosie Perez, Phoebe in die dramareeks Pure, 2017). Sy was die assistent-direkteur van die teater en het die pos nou aan Lou verloor. “Wanneer jy e-pos kry van Jason (wat Friday Night Lights, 2006-2011, gedoen het) en Jeffrey Seller (wat die drama Hamilton op die planke gebring het) en hulle vervaardig ’n TV-reeks oor ’n dramaonder­wyser by ’n hoërskool, sê jy, ‘Ja, ek sal dit wil doen,” skerts Josh.

“Dan lees jy die boek en jy besef dis nie fiksie nie, dit het regtig gebeur en dit dra by tot hierdie reeks en wat dit aanbied: ’n opvoering binne ’n opvoering.”

EEUE OUE VERHAAL

Hoewel die reeks net 10 episodes het, sê Josh en sy medesterre, is daar soveel meer stories om te vertel – en deur kykers vertel kan word. Hulle moet net die boek lees “want dit sal hul oë oopmaak vir dinge wat hulle dalk oor die jare heen as vanselfspr­ekend aanvaar het en nie besef het dit hou hulle terug nie”, verduideli­k Rosie. Josh voeg by deur Drama High te lees voor verfilming begin het “het ek besef hoe belangrik drama en die kunste vir toekomstig­e akteurs is. Ek het gedink, as ek nie die geleenthed­e gehad het nie, sou ek nie in die beroep gewees het. Ek sou nie my werk gehad het nie en ek sou beslis nie aan ’n reeks soos Rise gewerk het nie.”

LEWE BOOTS KUNS NA

Josh sien die ironie in die kansellasi­e van Rise ná een seisoen. Hy verduideli­k dat dit dieselfde in regte wêreld is. “Kunsprogra­mme is die eerstes wat by skole gestaak word wanneer die begroting ingekort word. My karakter Lou probeer sy dramaklas red en kom te staan teen ’n dorp wat klaarblykl­ik nie vir die teater omgee nie. Ek dink dit is tekenend van die moderne wêreld waarin ons onsself bevind, dat die kunste altyd eerste is wat moet gaan.”

En hy wil nie hê sy medesterre moet mismoedig wees ná die kansellasi­e nie, want dit sal hulle net sterker maak. “Ek is uitgeskryf uit reekse. Ek is uitgelaat uit verhoogstu­kke. Ek het werk verloor. Dis nie die einde van die wêreld nie. Dit beteken jy moet iets nuuts kry. Ons het ’n wonderlike span akteurs – ek weet nie waar die vervaardig­ers die uiters talentvoll­e kinders gekry het nie. Dit was ’n plesier om hul optrede in die reeks te aanskou.”

 ??  ?? Lou (regs) het hulp nodig om sy dramaklas te red en hy kry dit by sy mededinger Tracey (links).
Lou (regs) het hulp nodig om sy dramaklas te red en hy kry dit by sy mededinger Tracey (links).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa