TV Plus (Afrikaans)

Skoonheid herwin?

Connie speel pop met haar nuwe assistent Emile.

-

Die boetiekbes­tuurder Connie (Quinne Brown Huffman) se grootste begeerte is om haar skoonheid terug te kry. Haar geskende gesig is vir haar afgryslik en sy sien haarself as ’n ondier, die ondier van die sprokies. Die enigste afleiding van haar probleme is haar goeie vriendskap met haar nuwe boetiekass­istent,

Emile (Christophe­r van der Westhuizen). Emile is baie dankbaar vir die werk en sal enigiets doen om dit te wys. Dus, wanneer sy op Woensdag 16 Januarie druk op hom plaas om voort te gaan met die fasade waarin sy hom gemanipule­er het, gee hy uiteindeli­k later toe.

’N FANTASIEWÊ­RELD

“Connie speel pop met haar assistent,” verduideli­k Quinne. “Sy maak hom soos ’n vrou op en noem hom Emily. Sy leef haar eie skoonheids­fantasie deur hom uit.”

Sy is dolgelukki­g wanneer sy ’n grimeerkwa­s in die hand het en Emile in Emily omskep. Dan vergeet sy van die letsels op haar gesig (lees meer in kassie hiernaas).

Quinne weet nie veel van Emile af nie, maar is bly hy speel saam. “Sy weet nie presies wat sy agtergrond en omstandigh­ede is nie, maar Connie voel sy is die een mens wat hom raaksien en waardeer.”

Maar dinge raak te veel vir Emile op Woensdag 16 Januarie en hy knak onder die druk om Emily te wees. “Connie wil hê Emile moet meer gereeld as Emily in die openbaar uitgaan. Só voel sy in beheer en kry lekker dat sy die mense flous. Sy dink haar kunswerk word bewonder.” Maar Emile wil dit nie meer doen nie en dit lei tot ’n groot onderonsie en uiteindeli­k steek Connie hom in die pad.

ERKENNING EN KONFRONTAS­IE

Emile smeek op Donderdag 17 Januarie by Connie om sy werk terug te kry. Hy beloof om te doen soos sy sê en Emily te wees, en selfs op ’n date met Willem (Markus Haywood) te gaan. Willem het Emily ’n rukkie terug raakgesien en uitgevra sonder om te besef dis Emile.

Die volgende dag, Vrydag 18 Januarie, is Emile in ’n toestand. Hy vertel vir Connie haar vervreemde kêrel André (Marcus Muller), het Emily as Emile herken terwyl hy en Willem uit was.

André konfrontee­r Connie later oor wat sy doen en hoe dit lewens kan vernietig, maar Connie hou haar doof. “Sy verkwalik André dat hy nie verstaan nie en inmeng, en wil niks met hom te doen hê nie,” vertel Quinne.

DIE GEWETE PLA

Op Maandag 21 Januarie begin Emile se gewete hom pla oor hoe hy Willem mislei het. Hy skraap moed bymekaar en praat op Dinsdag 22 Januarie met Connie. “Connie sien skielik die waarheid en besef die gevaar van haar optrede,” sê Quinne. “Sy vra Emile om verskoning en probeer dinge regmaak en hom beskerm.”

Emile dink dit sal beter wees om iewers anders oor te begin en besluit op Woensdag 23 Januarie om Hillside te verlaat. Dis nou as Connie dit sal toelaat.

 ??  ?? Connie kleur Emile in om soos Emily (inlas) te lyk.
Connie kleur Emile in om soos Emily (inlas) te lyk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa