TV Plus (Afrikaans)

Kookkasken­ades en liefdespro­bleme

-

JANUARIE

Ian gee vir Bridgette raad oor Mrs. J, Bianca doen ’n groot stap oor Stella, en Wade kry hulp met sy voorleggin­g, maar verander dit op die laaste nippertjie. Bianca wil baie meer tyd by Stella hê, maar Stefan is onseker of hy haar kan vertrou, en Danni loop vir Jenny in Suidooster raak, terwyl Wade en Justin die strate invaar.

FEBRUARIE

Mrs. J sit haar voet dwars, Chris klop om hulp aan by Ian, en Stefan worstel met Bianca se versoek oor Stella. Dis ’n hartseer dag in Ruiterbosc­h, Wade vra formeel Ian se toestemmin­g om met die kookkompet­isie voort te gaan, en Chris probeer sy lewe weer op koers kry ná die voorval met Jenny. Mrs. J sukkel en haar gesin is bekommerd oor haar, Mymoena is gereed vir Wade se kompetisie, en Carmen besluit sy wil ook deelneem.

Mrs. J weier om oor haar gevoelens te praat, die kompetisie­deelnemers probeer Wade se guns wen, Ian maak Chris ’n aanbod, en Michelle twyfel oor Stefan se verjaardag­partytjie. Mymoena en Carmen raak toenemend vyandig oor die kookkompet­isie, Bridgette wil Mrs. J bederf, en Tim is onseker oor sy pa se betrokkenh­eid by Suidooster­Eiendomme. Bridgette verras Mrs. J, Tim doen dieselfde met Danni, en die Samsodiens besef die kompetisie tussen Mymoena en Carmen kan tot groot huismoles lei. Mymoena en Carmen daag mekaar uit in die kookkompet­isie, maar daar kan net een wenner wees. Zoe verloor ’n groot kontrak vir Suidooster-Eiendomme, maar dan maak iemand vir Ian ’n aanbod. Stefan is vasbeslote om Louis (Jeremiah Mentor), die straatkind wat hy onder sy vlerk geneem het, op te spoor, en Ian kry dit weer reg om almal by Suidooster-Eiendomme te verbaas.

MAART

Stefan en Michelle stamp koppe, Tim gee ’n aandjie saam met Danni prys wat tot spanning lei, en Mymoena se video’s vaar uitstekend, maar dit lei tot moeilikhei­d tussen haar en AB. Gloria (Linecia Matthee-Daniels), Louis se ma, wonder hoekom die Gerbers haar skielik stief behandel, AB trek aan die kortste ent met Mymoena se nuwe stokperdji­e, en Tim speel met vuur. Danni is besorg oor Tim en Izette (Shana Mans), die nuwe werknemers by Suidooster-Eiendomme, se vriendskap. Mymoena gaan volstoom voort met haar Hallie-happies, en Justin gee vir Gloria ’n boks verlore goedere en sy vind iets skokkends daarin. Tim is in die kollig op die skemerkelk­partytjie, maar die aand het ’n onverwagte nadraai. Justin verskyn in Mymoena se nuwe kookvideo, en Gloria volg ’n nuwe leidraad op.

 ??  ?? Ian praat met sy nuwe werknemer Izette.
Ian praat met sy nuwe werknemer Izette.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa