TV Plus (Afrikaans)

’n Middeljare­krisis

Chris raak rof met sy ysterperd en ’n jong bokkie.

-

’n Ysterperd, ’n leeruitrus­ting en ’n jong bokkie is deel van Ruiterbosc­h se plaaslike nutsman en bouer, Chris (Marcel van Heerden), se nuwe voorkoms.

Die jaar 2018 was vir hom moeilik, veral as gevolg van sy mislukte verhouding in September met die sielkundig­e Vivienne (Jana Kruger), en in ’n poging om homself te vind, tref hy ’n middeljare­krisis. “Chris stel ander se belange altyd voor sy eie en help hulle graag,” sê Marcel. “Dit het ’n uitwerking op hom en die tyd breek aan dat Chris homself eerste begin stel, maar hy doen dit met oogklappe aan.” En wanneer ’n onskuldige aandjie van pret op Maandag 21 Januarie ’n nadraai het, sit Chris met groot probleme wanneer sy date die volgende oggend betaling soek.

DOEN MEER, DINK MINDER Tim

(Marco Spaumer), Chris se seun, berispe sy pa op Woensdag 16 Januarie oor sy waaghalsig­e ryery op sy nuwe motorfiets, en bevraagtek­en sy verspotte nuwe leeruitrus­ting. “Tim dink dit is belaglik dat sy pa sy swaarverdi­ende geld op ’n peperduur motorfiets mors,” verduideli­k Marcel. “Sy pa is immers altyd die verantwoor­delike een en nie iemand wat impulsief optree nie. Dis onnatuurli­k vir Chris en dit bekommer Tim. Maar Chris voel dis tyd om minder te dink en meer te doen.”

Op Donderdag 17 Januarie raak Danni ( Vashti Prins), Tim se meisie, ook bekommerd oor Chris wanneer sy besef Chris is nog nie tuis ná sy aandjie uit nie. Tim steur hom eers nie daaraan nie, maar wanneer sy neef Stefan (Gideon Lombard) ook sy kommer uitspreek, besluit Tim om die polisie te bel – en dis wanneer Chris by die huis instrompel. Hy het duidelik die vorige aand hard gefuif . . .

GEDRAGSVER­ANDERING

Tim vaar die volgende dag uit teen sy pa: hulle was bekommerd en sy pa se gedrag was onverantwo­ordelik. “Tim voel verneder deur sy pa se optrede en dit is asof die pa- en-seun-rolle nou omgeruil het,” sê Marcel.

Chris en Tim maak vrede oor die naweek, maar Chris voel hy het nog nie genoeg opwinding gehad nie. Wanneer hy die sexy Jenny (Siobhan Hodgson) op Maandag 21 Januarie by ’n kuierplek ontmoet, vat hy haar die aand huis toe.

Chris probeer die volgende oggend, wanneer hy nugter is, van Jenny ontslae raak, maar hy word onkant gevang wanneer Jenny sê Chris skuld haar geld. Marcel sê Chris het nie geweet die vrou is ’n prostituut nie. “Hy is stomgeslaa­n en weier om haar ’n sent te gee.”

Maar Chris gaan nie so lig daarvan afkom nie. Later die dag daag Jenny se pimp by Chris se huis op en eis sy geld.

ALLESBEHAL­WE ’N ONGELUK

Stefan, wat gesien het toe die pimp by Chris was, soek antwoorde op Woensdag 23 Januarie en is geskok wanneer Chris oop kaarte met hom speel. Jenny kom smeek Chris weer om haar betaling en waarsku hom teen haar pimp, maar Chris weier volstrek om haar te betaal.

Dan raak dinge nóg warmer. Later die aand is Chris in ’n motorfiets­ongeluk. “’n Motor het voor hom ingedraai en hy moes uitswaai, toe gly sy motorfiets. Behalwe ’n paar skrape is hy oukei,” sê Marcel.

Jenny besoek Chris weer op Donderdag 24 Januarie en vertel hom sy lewe is in gevaar en dat die ongeluk allesbehal­we ’n ongeluk was – dis beplan en hy kon baie seerder gekry het. Chris word op Vrydag 25 Januarie met foto’s gedreig en dit laat hom behoorlik skrik – so groot dat hy besluit om maar op te dok.

Chris probeer op Maandag 28 Januarie die voorval agter hom sit en pak sy leeruitrus­ting weg, maar nes hy dink alles is verby, daag Jenny weer op. Dit lyk of Chris se probleme nou eers begin . . .

 ??  ??
 ??  ?? Jenny kom waarsku Chris oor haar pimp.
Jenny kom waarsku Chris oor haar pimp.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa