TV Plus (Afrikaans)

Donker geheime en moord

-

JANUARIE

Daar is weer heelwat onderstrom­ings en intriges in die Binneland-kliniek en hartsake vier hoogty. Hoewel Quinton en Karli nie hul ware gevoelens kan uitpluis nie, lyk dit asof Conrad ’n nuwe liefde, Lika, gevind het. Maar met Conrad se reputasie as rokjagter wonder almal hoe lank die verhouding gaan hou. Danny sleep weer vlerk by Jax en probeer haar ompraat om saam met hom weg te gaan. Annelize en Monique het tergende raaisels oor hul verlede. Conrad begin vrae oor Annelize en Adler vra, en Karli kry snuf in die neus oor René se geldsake. ’n Gesteelde beursie wek agterdog, en Annelize speel uiteindeli­k oop kaarte met At en Conrad. Adler het in die stadium van sy lewe niks om te verloor nie en dit lyk asof hy nou die verlede vir goed wil begrawe.

FEBRUARIE

Die sluier oor diep en duistere geheime word gelig en Annelize sukkel om met die waarheid vrede te maak. Kort voor lank besef Annelize en haar suster Monique watter verreikend­e gevolge die skok-onthulling­s vir hulle inhou en hoe die lojaliteit van diegene na aan hulle tot die uiterste beproef gaan word. Die hardkoppig­e dr. At Koster aanvaar ook die feite moeilik. ’n Moord stuur skokgolwe deur die Binneland-kliniek en almal daar is onder verdenking. Speurder Fourie (Matt Stern) doen sy bes om die skuldige vas te trek en dit ontaard in ’n heksejag. Die atmosfeer is gespanne, want skielik weet niemand wie hulle kan vertrou nie en elkeen probeer hom of haar verontskul­dig.

MAART

Die sosiale media kan ’n gevaarlike wapen word as jy nie weet hoe om dit reg te hanteer nie en Okkie probeer hard om sy kleindogte­r Trudie ’n waardevoll­e les daaroor te leer. Franz Basson (Dawid Minnaar) keer met emosionele bagasie terug uit Kanada en sy terugkoms maak die lewe moeilik vir die ambisieuse Elana wat ’n groot bewonderin­g vir hom het. Sy moet die regte keuses doen om te verseker haar persoonlik­e en beroepslew­e bots nie. Die moordenaar word ontmasker en dit veroorsaak groot konsternas­ie. Daar’s ’n nuwe dokter, Edgar Roland (Craig Gardner), op die toneel en die etiese implikasie van sy stamsel-navorsing word bevraagtek­en. Delia doen haar bes om in die bedryf uit te blink, maar dit lyk asof sy te veel hooi op haar vurk het. ’n Brand by Southern Hope het ingrypende gevolge en laat Danny met nuwe oë na Tertius kyk. ’n Groot vraag word sonder enige beplanning gevra, en die meisies reël ’n wegbreekna­week, maar die ouens het ’n verrassing vir hulle.

VERLEDE KEER

Monique het opgedaag en Annelize vertel hul ouers is in ’n motorongel­uk dood, Delia het oorlog teen Adler verklaar, en Karli het teruggekee­r.

16 – 18 JANUARIE

Monique sak ineen, en Tertius maak vuur onder Annelize oor oorerflike kwale. Jax waarsku René oor Quinton se moontlike motiewe, en Naomi is ongemaklik in At se teenwoordi­gheid. Annelize vind iets skokkends uit, en sy wil alles oor ’n DNS-toets weet. Adler verduideli­k sy plan aan Stan, René kom tot Quinton se redding, Stan se vrae maak Adler ongemaklik, en Breggie word skielik baie siek.

21 – 25 JANUARIE

Delia het ’n waarskuwin­g vir Elana, Monique is oorgehaal om speurder te speel, en Monique vertel Annelize wat sy gehoor het. At vra nog ’n guns van Naomi, en Adler kry nie vir Stan in die hande nie. Monique spoor ’n nommer op, Quinton bieg oor sy leuens, Karli neem René kwalik vir Quinton se afwesighei­d, en Naomi doen ’n bekentenis aan die Ferreiras. Annelize vind uit wie Hiemstra is, en ’n katgeveg breek tussen Karli en René uit. Louis besef Naomi het vir hom gejok, en Louis se vredespogi­ng lei tot ’n misverstan­d. Karli wend ’n desperate poging aan om na René uit te reik, en Delia besef wie Monique is.

28 – 29 JANUARIE

Delia verneem van die mediese afval en plant ’n saadjie oor die verbinteni­s tussen Adler en Annelize, en Quinton voel skuldig oor René. Adler se besoek aan Annelize lewer nog ’n verrassing op, en Conrad konfrontee­r At oor die mediese afval. • Lees meer op bl. 47.

 ??  ?? Annelize en Monique probeer tergende raaisels oor hul verlede uitpluis.
Annelize en Monique probeer tergende raaisels oor hul verlede uitpluis.
 ??  ?? Annelize en Delia stamp weer koppe.
Annelize en Delia stamp weer koppe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa