TV Plus (Afrikaans)

Liefdes-dilemmas

Karli is terug, maar Quinton ontwyk haar.

-

Verpleegst­er Karli (Pascal Pienaar) wou haar ekskêrel dr. Quinton Roux (Ramey Short) verras toe sy op Vrydag 11 Januarie van oorsee terugkeer. Maar anders as wat sy gehoop het, verontagsa­am Quinton haar. “Quinton se koel houding vang haar heeltemal onkant,” vertel Pascal. Boonop vermoed Karli Quinton en die nuwe verpleegst­er René (Simoné Nortmann) het iets aan – en al die intriges loop uiteindeli­k op ’n regte katgeveg tussen Karli en René uit!

BESKERMING­SMEGANISME

Ramey sê hy neem Quinton geensins kwalik dat hy allesbehal­we opgewonde is oor Karli se tuiskoms nie. “Quinton het lank gevat om oor Karli te kom. Hy en Karli het verlede jaar toekomspla­nne begin maak, maar sy het hom in September soos ’n warm patat gelos om haar ma, Jana (Brümilda van Rensburg), wat in Mei in ’n senuklinie­k in Duitsland opgeneem is, te ondersteun,” vertel hy. “Karli se afskeidswo­orde het hom die seerste gemaak: Sy het vir Quinton gesê hy moet liefs van haar vergeet en met sy lewe aangaan.”

Die windmakeri­ge Quintonato­r, soos Quinton na homself verwys, se ego is gekwes. “Hy wil nie weer seer- kry nie en probeer Karli vermy.” Op Donderdag 17 Januarie kry Karli ’n pos by die plastiese chirurg

dr. Steve Abrahams (Clint Brink) se praktyk in die Binneland-kliniek. Dit voorspel probleme vir Quinton, want dit beteken hulle werk weer saam onder dieselfde dak. En moenie vergeet van René wat ook ’n vlieg in Karli se salf is nie.

FOUTIEWE AANNAME

Die hele situasie is eintlik absurd, lag Ramey. “Quinton stel glad nie in René belang nie, want hy dink sy is gay omdat sy nie voor sy attensies geswig het nie en ’n regte rabbedoe is,” sê hy. “Maar hy gee wel aan Karli voor daar is iets tussen hom en René.” Simoné beaam René en Quinton is net vriende. “Sy het ’n sagte plekkie vir hom en verstaan hom goed, maar sy’s katvoet vir mans, veral vir dokters.”

René en Quinton kuier op Donderdaga­and 17 Januarie saam in Nagskof. Maar wanneer Quinton volgens René te aangeklam is om die aand huis toe te bestuur, stel sy voor hy gaan saam met haar huis toe en oornag by die Ferreiras, waar sy bly. “Quinton dik die pap die volgende dag aan en vertel vir Karli hy’t by René oorgeslaap,” vertel Ramey. Dit bevestig Karli se vermoedens dat René die nuwe liefde in Quinton se lewe is.

MISLIKE VERJAARDAG

At (Hans Strydom) sien sy stiefdogte­r is bekaf en moedig sy halfbroer Louis (Germandt Geldenhuys) aan om vir Karli ’n partytjie vir haar verjaardag op Dinsdag 22 Januarie te reël. “Karli probeer die minste wees en nooi René en Quinton ook. Wanneer hulle nie die uitnodigin­g aanvaar nie, is Karli baie kwaad,” sê Pascal. “Quinton is die persoon wat sy die graagste daar wil hê, want dit is immers ’n belangrike geleenthei­d vir haar. Sy sê selfs vir Quinton sy wil net vriende wees, maar diep binne-in haar is sy nog mal oor hom en groen van jaloesie.”

ONSKULDIGE SLAGOFFER

Simoné sê René word by Karli en Quinton se persoonlik­e vete ingesleep, want Karli sê haar sleg. “Wanneer René hoor Karli versprei stories dat sy ’n meisie van losse sedes is, konfrontee­r sy Karli op Woensdag 23 Januarie.”

Die twee vlieg mekaar letterlik in die hare in die dienskamer. “Dit is heeltemal vreemd aan Karli se karakter, maar sy raak fisiek en stamp René so hard dat die koffiemasj­ien breek,” voeg Pascal by. Die twee verpleegst­ers word die volgende dag deur matrone ingeroep en kry ’n waarskuwin­g. “Karli voel baie verleë en besluit om Quinton in die toekoms meer ruimte te gee. Sy hoop Quinton sal haar vergewe dat sy so aaklig teenoor René opgetree het,” vertel Pascal. Dit verander nie Karli se gevoelens vir Quinton nie, en sy hoop steeds sy en hy gaan weer bymekaar uitkom.

Maar sal die Quintonato­r bereid wees om te vergewe en die verlede te begrawe? • Lees meer op bl. 47.

 ??  ?? Ilse gee vir Karli liefdesraa­d en Tertius troos Karli (inlas).
Ilse gee vir Karli liefdesraa­d en Tertius troos Karli (inlas).
 ??  ?? Karli bekla haar lot by Naomi.
Karli bekla haar lot by Naomi.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa