TV Plus (Afrikaans)

Trouklokke en wedstrydkn­oeiery

-

JANUARIE

Schalk pak die onenigheid onder die spelers aan. Candice (Claudia Jones), die nuwe kelnerin by Potties, kry ’n geleenthei­d om haar pompon-droom te bewaarheid, en Chrissie maak haarself tuis in Reitz se huis. Ryno (Adrian Steyn), die nuwe Stryderssp­eler, weerstaan sy medespeler­s se diskrimina­sie, Kristien besluit om oudisies te hou vir nuwe pompon-meisies, en Botha loop sy rieme styf met Bart.

FEBRUARIE

Kristien en Bart ontdek Fafa se donker geheim. Chrissie, Daniël, Anna en Reitz maak vrede met die verlede, en Ryno is keelvol vir die homofobies­e houdings by sommige van die manne. Die spelers kla by Schalk oor Ryno, Bart probeer uitvind wat Botha se motivering is, en Candice maak ’n plan om Liam se aandag te trek.

Die spelers weier steeds om voor Ryno uit te trek, Kristien plaas druk op Botha om bewyse teen Fafa vir haar te bring, en Festus en Koekie se senuwees is gedaan. Botha verras Maryke by die stadion, Liam begin romantiese gevoelens vir Bibi ervaar, en Schalk en Fafa het hul hande vol met die kleedkamer-debakel. Botha plaas Maryke in ’n gevaarlike posisie, Kristien vat die pompons vas, en Maryke kry die oorhand in haar stryd teen Botha. Koekie en Festus keer terug van Krugersdor­p af en is gereed vir aksie. Chrissie is moedeloos oor haar toekoms, Schalk is bekommerd oor Ryno, en almal is by Potties se Valentynsd­ag-partytjie. Maryke se wraakplan kom op dreef, Botha vind die video van Fafa se betrokkenh­eid by wedstrydkn­oeiery, en Anna en Chrissie betrek Reitz by hul plan. Koekie en Festus het Fafa se senuwees op hol, Maryke sukkel om Julia se henneparty te reël, en Reitz probeer Liam oorreed om in te stem tot die toe- oë-afspraak. Julia en Divan maak gereed vir hul troue, Botha sukkel om almal tevrede te hou, en Maryke kry skokkende nuus van Julia.

MAART

Bart en Kristien is in ’n tweestryd gedompel oor die bewyse teen Fafa en Schalk. Botha se slinkse planne veroorsaak groot konflik en chaos, en Reitz en Anna probeer om meer romanties te wees nadat Chrissie en Daniel hulle geïnspiree­r het. Yvonne is baie opgewonde oor Renate se planne, maar haar moederlief­de grens aan inmengery. Candice kry goeie nuus oor haar loopbaan as aktrise, Maryke doen alles in haar vermoë om haar eie speurwerk te laat geld, en Festus en Koekie het rede om bekommerd te wees oor hul toekoms in die Beltrame-huis.

 ??  ?? Die nuwe kelnerin by Potties, Candice, wil graag ’n pompon-danser word, en Ryno (inlas) die nuwe Stryders speler ervaar probleme met sy kollegas.
Die nuwe kelnerin by Potties, Candice, wil graag ’n pompon-danser word, en Ryno (inlas) die nuwe Stryders speler ervaar probleme met sy kollegas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa