TV Plus (Afrikaans)

Die tang kom weer

Botha is terug en saai chaos in Fafa en Maryke se lewe.

-

Helsem belsem, kyk net wie is terug in Getroud Met Ruby (GMR)! Die tangerige, sluwe skurk Botha (André Odendaal) het sy verskyning op Donderdag 10 Januarie in Potties se kroeg gemaak en vriend en vyand die skrik op die lyf gejaag. Ja, die man wat sy maag vryf terwyl hy belediging­s en dreigement­e maak, is op parool vrygelaat. “Botha is weens goeie gedrag vrygelaat,” vertel André. “Maar sy goeie maniere is by die deur uit die oomblik toe hy sy vryheid teruggekry het.”

Sy lus vir wraak en geld was nog nooit so intens nie. Sy teikens is dié wat hom in die tjoekie laat beland het (lees meer in die kassie hiernaas): die Stryders se hulpafrigt­er Fafa en sy vrou

Maryke (Altus Theart en Marijke van der Westhuizen).

“Hy het sappige inligting oor hul verlede waarmee hy hulle afpers. En nie eens Maryke of Fafa weet wat die ander een aangevang het nie,” sê André. En op Vrydag 11 Januarie gee die paartjie hom sy eerste betaling en hoop dit sal sy mond snoer.

GERAAMTES IN DIE KAS

“Maryke was destyds ’n ontkleedan­ser by dieselfde klub waar Kiki (Hanna Grobler), Fafa se eerste vrou, was,” verduideli­k André die inligting wat Botha gebruik. “Botha was een van haar klante en weet van ’n onwettige ‘honey trap’-besigheid waarby Maryke betrokke was. Sy en haar kollegas het mans verlei, hulle skelm afgeneem en hulle daarmee afgepers,” vertel André. Fafa weer was lank gelede by wedstrydkn­oeiery betrokke.

DESPERAATH­EID

Festus en Koekie (Louis van Niekerk en Rina Nienaber), Kiki se ouers wat tans by Fafa en Maryke bly, skrik hulself koud op Donderdag 17 Januarie wanneer hulle hoor van Botha se afpersing. “Hulle ken Botha goed en weet watter skade hy kan aanrig. En die waarskynli­kheid dat hy ’n geheim of twee van hulle weet, is groot. Hulle is dus vrek bang hulle word volgende afgepers,” sê André.

Fafa en Maryke, wat mekaar intussen vertel het van die afpersing maar nie waaroor hulle afgepers word nie, is desperaat om van Botha ontslae te raak. Hulle reël op Vrydag 18 Januarie met hom ’n afspraak en probeer hom oorreed om sy vete teen hulle te laat vaar, maar Botha wil niks hoor nie – hy geniet homself te veel.

DIE NARE WAARHEID

Fafa vind op Maandag 21 Januarie uit van Maryke se donker verlede en is geskok. En dinge raak erger op Dinsdag 22 Januarie wanneer Botha die wig dieper tussen die getroudes indryf. “Botha het hulle presies waar hy hulle wil hê, en gaan nie ophou voor hy hulle vernietig het nie,” sê André.

 ??  ?? Botha kom maak weer amok in Fafa (links) se lewe.
Botha kom maak weer amok in Fafa (links) se lewe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa