TV Plus (Afrikaans)

Diefstal en hope skelm vryery

-

JANUARIE

Beatrice is bekommerd as sy uitvind een van die skoolkinde­rs word geboelie, en Chantel klap Lee-Roy. Melanie hou Vernon en Claudia op ’n romantiese afspraak dop. Janice is woedend vir Thys oor sy geldproble­me wat nie opgelos word nie, en Beatrice besluit om iets aan Chantel se boeliehoud­ing te doen. Emile word ontvoer en aangerand, vermoedeli­k deur Wendy en haar handlanger­s. Aunty Gertie kom agter iets broei tussen Claudia en Vernon. Emile word weer aangeval, en Wendy besoek een van haar vorige handlanger­s in die tronk om haar met ’n bose plan te help. Lionel kry werk by die skool, en Beatrice vermoed Thys steek vir haar goed weg oor nuwe aanbouings by die skool wat verdag lyk. Anton sukkel met sy Afrikaans op skool, Beatrice wil ’n stokkie voor Wendy se planne steek, en Thys besluit om as skoolhoof te bedank.

FEBRUARIE

Chantel maak meer kinders by die skool se lewe ’n nagmerrie, en Debra is omgekrap as sy hoor wat met haar ma gebeur het. Daar is ’n nuwe aanstellin­g by die skool, en die spanning tussen Thys en Janice raak al hoe erger. Wendy dreig Thys, en Janice besoek haar broer in die tronk. Beatrice kry goeie nuus, en Wendy stuur ’n gevaarlike boodskap uit na Thys. Vernon se lewe kry ’n onverwagte kinkel, en Thys en Lionel praat oor hul probleme met hul vrouens. Wendy en Ruiter beplan die onthulling van David se grafsteen, en Janice kry ’n aangename verrassing. Beatrice en Aunty Gertie is geskok as hulle die bewoording op David se grafsteen sien. Die konflik tussen Thys en Janice oor hul geldproble­me vererger en ook omdat hy so baie tyd saam met Ronel deurbring. Nicolene en Anton probeer mekaar vermy ná ’n skelm vryery. Beatrice is bekommerd oor Ronel as sy met ’n blouoog by die huis opdaag.

MAART

Kim krap in Claudia se slaai, en Ronel ontken dat Lionel haar geslaan het, maar sy wil ook nie vertel wat met haar gebeur het nie. Nicolene sukkel om te erken dat sy van Anton hou, en Samantha is woedend as sy die waarheid oor haar nuwe kar uitvind. Ronel probeer die vrede bewaar tussen Chantel en Valdonia, en Janice en Lionel smee duistere planne. Dit gons in die gemeenskap oor Lionel en Janice se vryery, en Thys wil by Ronel hoor oor haar ware gevoelens vir hom. Intussen vermoed Lee-Roy sy ma het ’n buite-egtelike verhouding, Wendy sukkel met Ruiter, en Thys, Janice, Lionel en Ronel moet ’n groot besluit neem.

 ??  ?? Swaarmoedi­gheid staar Beatrice, Thys, Lionel en Ronel in die gesig in 2019.
Swaarmoedi­gheid staar Beatrice, Thys, Lionel en Ronel in die gesig in 2019.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa